Woes-Nuus

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Hierdie week se tema handel oor daai (dier)bare, vreemde, onverstaanbare en onweerstaanbare spesie wat op die aarde rondloop: MANS. Soos die spreekwoord lui – Jy kan nie saam met hulle leef nie, maar ook nie sonder hulle nie ...

Mans en vrouens is ewe welkom om bydraes te lewer. Ons sal graag wil hoor wat dink albei geslagte van regte boerseuns, sjarmantiese metro-mans, die “Camel”-man-tipe, en die skamerige outjie langsaan ...

Hier volg ‘n paar tong-in-die-kies waarhede:

Agter elke suksesvolle man staan ‘n verbaasde vrou.

Mans het eenvoudige behoeftes. Hulle kan ‘n hele naweek deursien met slegs drie goed: baie bier, ‘n kortbroek en batterye vir die afstandbeheer.

‘n Suksesvolle man maak meer geld as wat sy vrou kan spandeer. ‘n Suksesvolle vrou kry so ‘n man.

Mans lees kaarte baie beter as vrouens. Slegs die manlike brein kan die vergelyking tref dat een sentimeter gelyk is aan tien kilometer.

As jy nooit weer ‘n man wil sien nie, vertel hom: “Ek is lief vir jou, ek wil met jou trou en ek wil jou kinders hê ...” Hulle los briekmerke.

Mans gaan deur drie stadiums: hy glo in Kersvader; hy glo nie in Kersvader nie; hy is Kersvader.

Die vinnigste manier om ‘n man te kry om iets te doen is om te sê dat hy te oud vir dit is.

Jong mans dink ouer mans is onnosel; maar ouer mans weet jong mans is onnosel.

Vrouens maak nie gekke van mans nie –meeste mans is die “DIY”-tipe.

‘n Ordentlike man is uiteindelik maar net ‘n geduldige wolf.



ONTHOU: Die woord “man/mans” moet asb in jou titel voorkom.



Wat dink vrouens van mans en wat het mans oor hulself te sê?

 



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Die Lied van Lorelei

deur Rachelle du Bois

Mikrobioloog Talana de Waal keer na haar familie se sitrusplaas in die Laeveld terug om navorsing te doen. Sy bring haar vriendin en kollega, Dr Lerina Keyser saam. Alles gaan voor die wind tot haar kleinboet en sy vriend besluit hul ouer broers, Marius en Armand se liefdeslewe het 'n hupstoot nodig. Die misverstand wat volg het katastrofiese gevolge. Die vreeslike flater laat die wraak van die meisiekinders vlamvat. Tot die bye swyg en die swartvlieë hou op eiers lê . . .



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar