Woes-Nuus

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Hierdie week se projek handel oor “wonder” en is deur die nimlike Brandewyntert voorgestel. In werklikheid was haar voorstel, “ek wonder ...” maar mens kan die “wonder “– idee seker ook ‘’n bietjie wyer neem. Ons dink hier aan “bewonder”, “verwonder”, “wonderlik”, “wonderwerk” en meer.

Hier is ’n paar wyshede van bekendes:

“Wonder is die begin van Wysheid.” (Socrates)

“Om te skryf is terapeuties. Soms wonder ek hoe almal wat nie skryf, komponeer of skilder nie dit regkry om die waansin, melancholie en angs wat eie aan menswees is, te ontsnap.” (Graham Greene)

“Ek is getroud en dit beteken dat ek nie meer van vêraf oor mansmense hoef te wonder nie, ek bly saam met een en word deurgaans verstom deur die vreemde, vreemde manlike brein.” (Cathy Guisewite)

“Ek geniet die uitdaging om verskillende goed uit te probeer en dit laat my gedurig wonder of dit gaan werk en of ek plat op my gesig gaan val.” (Johnny Depp)

"Sy het gesê sy nader veertig, maar ek kon nie help om te wonder van watter kant af nie.” (Bob Hope)

"Oorerflikheid is wat ouers van ‘n tiener oor mekaar laat wonder.” (Laurence J. Peter)

ONTHOU: Gebruik asb. die woord “wonder” in jou titel.

Verstom ons met jou wonderlike bydrae oor wonder!














 



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

vir koeitjies en kalfies

deur Doret Johnstone-Robertson

'n Lekkerleesboek met kort stories vol liefde, spesiaal vir vrouens en kinders.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar