Woes-Nuus

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die tema vir hierdie week se Vandag in Woorde is ONNIES.

Askies tog vir al die ONNIES in ons geledere, maar hierdie week gaan ons skinder oor die ONNIES wat ’n bydrae gelewer het tot ons opvoeding in die geheel. Ons begin sommer doer by die kleuterskool en ons hardloop regdeur tot die lektor, professor of doktor wat jou studieleier was met die verhandeling van jou Ph.D. Dis nou te sê as hy of sy ’n skryfsel werd is.

Ek wonder soms of ONNIES altyd besef watse invloed hulle het op ’n kind se wil of weersin om te studeer. En om dan verder te gaan, of hulle besef dat daardie wil of weersin uiteindelik bepaal wat ’n kind kan of nie kan doen nie, na skool. Dink jy ’n ONNIE besef aldag wat die nagevolg is van ’n simpel, maar onregverdige opmerking soos: ‘Jy sal nooit iets in jou lewe bereik nie’. ’n ONNIE het my laat glo ek is te onnosel om chemie te verstaan. Daarom het my velle in flarde aan die slaagsyfer agtergebly. Op Universiteit vrees ek die Chemie klas heeltemal onnodig, want ’n passievolle lektor sê dis eenvoudig. En toe is dit. Ek het verniet gely.

O, ek het talle ONNIE-stories om te vertel. Soos die een wat in sy stoorkamer ’n knertsie geneem het. Sommer in die middel van ’n periode. Ons sluit toe hom op ’n dag daar toe en los hom vir die volgende klas om hom weer te bevry. So onthou ek my graad een juffrou, Mev. Van Heerden se grys Austin. En mev. de Jager wat die hoof se skelmpie was. En die dierbare sagte mev. Botha in standerd een. Vir haar sou ons enige iets doen, maar haar man met sy weglêsnor, was ’n heel ander storie.

Op hoërskool was daar mnr. Van der Walt met sy blink kaalkop. Hy het by die Augrabiese waterval afgeval en daarna het hy al sy hare vir ewig verloor. Dan was daar Prof. Daan Swiegers. Hy het vertel die mense sê van hom: ‘Daan Swiegers, jy’s ’n fool!’ en dan antwoord hy ‘so what?’

Nee, wag ek het nou genoeg geskinder. Dis jou beurt. En ag man, seblief tog, haak ONNIES by jou titel aan sodat ek kan sien jy neem deel aan Vandag in Woorde se tema. Ek wil geen enkele storie mis nie!

Tot volgende week.
Boland-groetnis
Kiekies.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Sonsoene

deur Doret Johnstone-Robertson

In hierdie versameling verse is daar telkens verwysings na die natuur: die son, die maan, die sterre, blomme, seisoene; en ook na God - die bron van inspirasie, vrede en vreugde.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar