Woes-Nuus

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die tema vir Vandag in Woorde is hierdie week ‘ONOMATOPEE’. Of te wel ‘onomatopeë’, want daar is baie en jy mag een of vele kies om vir ons ’n lekker-lees bydrae op te tower. Voor jy begin skryf, sê net eers die woord ’n paar keer. Dis vol-rond, ’n mond vol en loslippig. Terwyl dit oor my tong rol, beweeg my lippe in alle rigtings om die woord uit te druk en deur te stoot, soos deeg deur ’n koekiedrukker. Voel amper of ek met ’n lipleser praat, vir wie ek dit baie duidelik wil uitspreek.

Ons gebruik onomatopeë om ’n woord te vorm wat die geluid of klank naboots van die ding wat dit beskryf. ’n Paar voorbeelde daarvan is:

Miaau

Woef

Sis

Boem

Kwaak

Doef

Kaplaks

Proes

En nog baie ander waaraan jy self dalk dink of in die woordeboek kan gaan uitkrap.

Ek kan net dink hoe enige skryfsel ’n stem sal ontwikkel, wanneer dit vol geluide en klanke geskryf word. Baie van hierdie geluide word aan mense ook toegeskryf. So sal ek in die winter wanneer die koue in my keel en bors ingetrek het, sommer vir ’n paar dae aanmekaar kwaak.

’n Mens kan ook praat van ‘klanknabootsing’, maar hoekom sal jy, as jy kan sê: O N O M A T O P E E ?

Seblief tog, haak hierdie lip-lek-lekker woord aan jou titel sodat al die lesers (en ekke) dadelik kan sien dat dit ’n Vandag in Woorde bydrae is!

Ek is terug uit die bos uit en stuur vandag vir julle warm-hart Boland-Groetnis.

KIEKIES.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

beloftes

deur daniel v kaylan

'n Briewe roman oor die verlore, verbode liefde van 'n jong meisie...



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar