Woes-Nuus

Bladsye:
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Vandag in Woorde se nuwe tema vir die week is ‘ONSIGBAAR’.

Hier kan jy nou jou verbeelding en gedagtes op galop sit om wild oor die berge en dale van die lewe heen-en-weer te hop, skip en jump.

Jy mag in mense se diepste geheime donker en verligte plekkies gaan rondkrap. Jy mag teenwoordig wees in byeenkomste waarvan die deure vir ongenooides gesluit is.

Jy mag bankstate, testamente en dagboeke lees en luister na stort-gesange, skinderstories en vars besluite waarvan niemand nog weet nie, aangaande politieke sake, begrotings of hofbevindinge.

Ja jy mag, want hierdie week is jy onsigbaar. Tog is daar ’n voorwaarde.

Jy moet vertel. Alles vertel!

Waar sal jy jou intrek neem?

Wat hoop jy om uit te vind?

In wie se teenwoordigheid wil jy wees?

Watter besprekings en vergaderings wil jy bywoon?

Is dit dalk ’n dag en nag in die Withuis?

Of in Nkandla?

Of agter toe deure in die Vatican?

Of in die kleedkamers van die Stormers, of die Springbokke of die Proteas.

Of in die binnekamers van Richard Branson of Warren Buffet of die Sultan van Oman?

Vir wie sal jy agtervolg?

Nou is die groot vraag: Wat sal jy graag wil sien, wil hoor of wil uitvind?

Sê-nou net ek kon my towerstaffie of my vlieëplak of my toiletborsel swaai sodat die sterretjies ontplof en tjoef-tjaf daar is jy toetentaal onsigbaar. Jy sien en hoor alles, maar niemand kan jou sien nie.

Hoe sê die ou mense: Sê-nou is ’n lekker sê, Alles wat jy graag wil hê!

Onthou die voorwaarde! Vertel, vertel, vertel! Moet nie ’n komma of ’n punt uitlaat nie. Jou Woesmaters wil ALLES weet. Ek wil alles weet.

Bos-groetnis
Kiekies.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    drafstap deur my gemoed

    deur helna

    ek noem my bundel drafstap deur my gemoed, want ek wil hê jy as leser moet saam my daagliks voel wat ek voel en ek glo ek gaan jou aanraak...



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar