Woes-Nuus

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die tema vir hierdie week se Vandag in Woorde is ‘ONVERWAGS’. Daar het al soveel dinge helemaal onverwags in my lewe opgeduik of uitgespring soos springmielies. Daarom is ek doodseker dat elke WOES-teling ook al iets ‘ONVERWAGS’ beleef het om oor te skryf.

Onwillekeurig dink ek aan spreekwoorde soos:

•      Uit die bloute
•      Soos yswater in die gesig
•      Met ’n pap snoek in die gesig geslaan
•      Stom geslaan

Wat van daai geskenk wat iemand so ‘onverwags’ aan jou gegee of gestuur het?

Daai geld in jou rekening of die tjek in die pos?

Die deur wat jy oopmaak en daar staan hy of sy?

Die uitnodiging om ... dalk ’n geleentheid by te woon ... iemand iewers heen te vergesel ... jou manuskrip aan Lapa uitgewers te stuur ... watookal.

Die telefoonoproep van ’n stem uit jou verlede?

Iets wat ’n kind of kleinkind in die geselskap geuiter het?

Onverwags kan jou platslaan en die vloer met jou vee. Of dit kan jou vlerke gee om hoog te vlieg.

Wat het ‘ONVERWAGS’ in jou lewe gedoen? Skryf daaroor in watter ook al genre of gorrel sommer, maar ons wil dit lees. Haak net seblief die woord ‘onverwags’ aan jou titel, sodat ons kan sien jy neem deel aan Vandag in Woorde.

Ag nou ja. Hierdie is my laaste bydrae uit die mooiste Kaap. Ek gaan vandag weer terug bos toe, vanwaar ek volgende week sal skryf.

Boland-groetnis.
Kiekies.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

The Road to Eden

deur Rachelle du Bois

Once rich and still beautiful, Eve Vermont’s life was in tatters. She found a job as house manager with the wealthy and powerful Blythe family. She soon realised that the compelling Adam Blythe was determined to uncover the painful secret of her past. She was forced to accept that he wasn’t going to stop until he knew what brought her to Oak Manor but was she prepared to open up and allow him to know her as he intended? Or would she keep hiding from Adam and the world? Adam Blythe found a stylish, beautiful and mysterious woman in his home. As house manager. She was totally unsuitable for the job, and he felt compelled to find out more about her. And as he uncovered the layers of this incredible woman, his love for her grew and he knew he had to keep her at Oak Manor at all costs. But would she stay?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar