Woes-Nuus

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die oog is die venster tot jou siel! Die tema vir hierdie week se ViW is... nee nie venster nie en ook nie siel nie … ja, OOG!

As my venster vol kolle is, is die prentjie aan die ander kant vaag en versteurd. As my oog vol vuil kolle is, is my siel ook versteurd. Ek sien so baie van die siel en die hart en die gemoed van ’n mens deur in sy oë te kyk:
Dis in die oë wat mens die liefde sien. En die hartseer. En die onsekerheid. En vrees. En vriendskap of haat of woede of jaloesie. ’n Mens se oë versteek niks en ontbloot alles.

Ek dink aan oog-gesegdes en spreekwoorde:

Uit die oog uit die hart.

Wat die oog nie sien nie, maak die hart nie seer nie.

Haal eers die balk uit jou eie oog.....

... soos vir ’n kameel om deur die oog van ’n naald te kom.

Mens laat nie ’n kind onder jou oë uit nie.

Ma het altyd beveel: raak van daai mater ontslae, want hy/sy kan mens nie in die oë kyk nie.

Ek skaam my oë uit my kop – hoe sou hierdie een ontstaan het?

’n Oog wat ’n bars kan kyk!

Hy het al weer ’n nuwe meisie in die oog.

Verliefdes kyk mekaar diep in die oë.

Sproetjies sê: Ek wens ek kan my deur jou oë sien.

Jaloesie is daai groen-oog monster.

Wat sien jy in oë?

Al wat vir jou oorbly om te doen: knyp oë toe en skryf vir ons jou oog-bydrae. Skryf dit letterlik of figuurlik, menslik of dierlik.

Ek sal my oë oophou en seker maak ek lees alles.
ONTHOU: haak die woord OOG by jou titel aan.

Groetnis uit die mooie Boland, wat nou weer aan ons behoort na die vakansie.
Kiekies.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

tussen woorde se oop spasies

deur BennyB

Die bundel dra ek op aan elke leser. Al word slegs een mens deur die verse geraak, al gee dit slegs een mens hoop dan is my hart rustig en nou en môre vir my perfek!



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar