Woes-Nuus

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Hierdie week is die tema vir Vandag in Woorde ‘PA’. Ons vier eerskomende Sondag Vadersdag. Oral waar jy gaan is daar spesiale aanbiedinge en afslagte op items wat dalk ’n goeie geskenk sal uitmaak vir ’n PA. Ongelukkig sal PA teen volgende jaar dieselfde tyd dalk nie eers meer onthou wat hy gekry het nie. En al onthou PA sal hy nie kan uitken watter sokkies watter jaar se persent was nie.

Dit is ’n feit dat nie almal ’n PA kan of wil onthou nie. Baie van ons het nog ’n PA en ander lankal nie meer nie. ’n PA se afwesigheid of teenwoordigheid bepaal gewoonlik hoe die kind in sy eie lewe sal uitdraai.

Kyk na die volgende punte wat jou hopelik sal inspireer om iets te skryf oor die PA of PA-figuur in jou lewe:

  • ’n Les wat jy van PA geleer het om nooit te vergeet nie.
  • Take of stokperdjies waarmee PA hom besig gehou het of nog doen.
  • Unieke gewoontes of sêgoed van PA.
  • Spesiale tye saam met PA.
  • Iets wat jou altyd aan PA laat dink.
  • Dinge wat jy liewer nooit van PA moes geweet het nie.
  • Die PA van jou kinders.
  • Wat beteken PA wees vir jou.

Ek glo nie dis nodig om aan nog idees te probeer dink nie. Elkeen het sekerlik iets wat hulle van of vir PA wil sê. Doen dit hierdie week hier op Woes se werf in die genre van jou keuse. Kom onthou vir PA in geskrewe woorde.

Lekker skryf tot volgende week.
Boland-groetnis,
Kiekies.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Oak Seed

deur Rachelle du Bois

Alicia Venter was a cool librarian with her life and her career mapped out. Until she looked into the compellingly familiar eyes of a stranger. She was shaken to the core. Why was she so powerfully drawn to the stunningly attractive Martin Blythe, yet they’ve never met? Martin Blythe was rich, he was a successful engineer doing research in the university library. And then he looked into the familiar green eyes of a strange young woman. The earth moved for him then as he recognised her somehow. In an instant he knew she was a part of him without which he could not live. Would these two people find the answer to the strange coincidence that kept pushing them into each other’s lives? Would they resist or choose love?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar