Woes-Nuus

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Heel eerste wil ek eers baie dankie sê aan ieder en elk wat vir ons n GAT-bydrae gelewer het die afgelope week. Daar was snaakses, ernstiges, skerpes en kostelikes. Julle was PUIK! Ek was aangenaam verras.

Hierdie week is die tema vir Vandag in Woorde, PLA. Dis ’n relatiewe begrip. Wat jou PLA, raak my nie en wat my PLA raak nie die volgende persoon nie. ’n Vriendin uit die woestyn uit, laat my weet: ‘Ek is so bly jy is nie vandag hier nie, want jy sou ’n koronêr geskiet het.’

‘Hoekom dan?’ vra ek dadelik.

‘Ek het ’n draai deur my huis gestap en sewe paar skoene wat bly lê het, opgetel.’
Met ‘bly lê het’ bedoel sy daar waar sy dit uitgeskop het. Rondlê skoene PLA haar nie, maar soos jy kan aflei PLA dit my grensloos. Tog is daar ander dinge wat haar tot maagpyn toe PLA, wat my nie in die minste raak nie.

Kom ons ondersoek die woord bietjie verder.

Die woordeboek se verklarings vir PLA is:

Hinder, verhinder, benadeel, lastig val, kwaad maak, terg, irriteer, weerhou en ontsenu.

Vlieë PLA die meeste diere wat hulle met swiep-sterte probeer verjaag.

Die lawaai van jongmense se doef-doef musiek, PLA beslis die ouer garde.

’n Besering aan jou kleintoontjie, PLA wanneer jy loop.

Wanneer iets jou gewete laat kriewel, PLA dit jou.

Musiek op die agtergrond wanneer ek wil skryf, PLA my en tog is musiek ’n aanbeveling vir skrywers. ’n Gepraat om hulle, PLA weer die meeste mense wat wil konsentreer, maar geensins vir my nie.

Mens kan aan mense se liggaamstaal gou agterkom as iets PLA.

Lui maats, PLA gewoonlik ’n ywerige student.

Ek dink ook nou aan die 10 PLAe in Egipte.

Spelfoute in ’n leesstuk PLA geweldig.

Nou vra ek:

Wat PLA jou?

Hoe raak jy van PLA ontslae?

Hoe hanteer jy die dinge wat PLA?

Wat PLA jou nie in die minste nie?

Skryf vir ons ’n gedig, rubriek, kortverhaal of liriek oor dit wat PLA of nie PLA nie.
Gebruik seblief tog die woord ‘PLA’ in jou titel.

Wel, ek gaan jou nie verder PLA nie.

Boland-groetnis tot volgende week.
Kiekies.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar