Woes-Nuus

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die tema vir Vandag in Woorde is hierdie week PLEK. Nie sommer net enige PLEK nie, maar ’n spesiale PLEK. In my lewe is daar ’n PLEK waarna ek altyd verlang. Waaraan ek gereeld dink. Waar ek in my gedagtes spesiale geleenthede en oomblikke herleef. Ek beleef vreugde en vrede op daai PLEK.

Waar is jou spesiale PLEK op aarde? Wat het daar gebeur? Gaan jy gereeld terug na hierdie PLEK? Hoe voel jy wanneer jy daar is en wat onthou jy van daai PLEK uit die verlede? Ek weet daar is ’n PLEK waar Rudi geïnspireer raak om briljante gedigte te skryf. Waar is jou PLEK?

Dalk wil jy eerder vertel van ’n PLEK wat jy liewers wil vermy. Net die gedagtes aan daai PLEK, gee jou ’n naar kol op jou maag, vrees-gedagtes en ’n krieweling teen jou ruggraat af. Op daai PLEK het allerhande goed gebeur wat jy eerder wil vergeet. Waar is daai PLEK?

PLEK hoef nie letterlik te wees nie, maar ook figuurlik:

’n PLEK in my hart

Jou PLEK-kie in die son

Daar is ’n tyd en ’n PLEK vir alles

Kinders het nie PLEK in hulle lewens vir hulle ouers nie

Hy is op daai PLEK in sy lewe

Al wat ek vandag vra is dat jy PLEK en tyd sal maak om vir jou Woes-familie iets te skryf oor ’n PLEK in jou lewe.

Ek stuur groetnis uit die mooiste PLEK in die hele wye wêreld . . . my baai, Gordonsbaai.

Kiekies.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Suid-Afrika in die Eerste Wêreldoorlog

deur Francis Gillieron

Kroniek van die rol van Suid-Afrika in Eerste Wêreldoorlog. Gedenkuitgawe.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar