Woes-Nuus

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die tema vir hierdie week se Vandag in Woorde is ‘PRAAT’. Ek moet egter verduidelik hoe ek by ‘PRAAT’ gekom het.

Verlede week stap ek en Bokka strand toe. Soos elke oggend of aand. Ons probeer om elke dag wat ons in hierdie wonderskone plek mag woon, ons tone in die sand te steek. Op pad huis toe, sonder waarskuwing, kom druk ’n skaaphond sy nat snoet agter teen Bokka se been.

Bokka skrik nogal vir die koue, nat ding teen sy vel, maar die hond glimlag oopbek en waai sy stert spelerig. Hy skarrel oor die pad om die bulhond agter die hek te terg. En vandaar die twee swart worshondjies en die Rottweiler oorkant die pad. So hol hy heen-en-weer oor die pad en veroorsaak ’n hele kabaal, terwyl hy nie die glimlag van sy bakkies kan wegvee nie. So nou en dan loer hy terug oor sy stert, asof hy verwag om iemand te sien.

Dit was duidelik dat dit ’n hond is wat ongesiens by sy baas se hek uitgeglip het en nou vir al die honde sê: ‘Wêla kapêla, kyk hoe vry is ek terwyl julle agter tralies sit!’ In my kop is dit wat hy sou sê as hy kon ‘PRAAT’.

Toe gaan my verbeelding op galop soos die wilde perde op die Prairies. Ek wonder wat sou Ano se Guppy sê as sy kon ‘PRAAT’? En die duiwe wat by Sneeuwolf kuier, waarvan sou hulle PRAAT? En die suikerbekkies wat rooi koeldrank by my kom drink? Of die kwikkies wat kaas kon bedel? Die slang in Gedagtedief se long-drop of Kreatiewe Bestuurder se Boebelaai kat?

Soms sê ons: As hierdie kar se agtersitplek kon PRAAT . . . of daai lessenaar . . . of my rekenaar se skerm/toetsbord . . .

As hierdie diere of goeters kon PRAAT, wat sou hulle sê?

Hierdie week het jy toestemming om hulle woorde in die mond te lê.

Ek het nou klaar gepraat. Dis nou jou beurt.

Boland-groetnis
Kiekies.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

drafstap deur my gemoed

deur helna

ek noem my bundel drafstap deur my gemoed, want ek wil hê jy as leser moet saam my daagliks voel wat ek voel en ek glo ek gaan jou aanraak...



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar