Woes-Nuus

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die tema vir hierdie week se Vandag in Woorde is ‘PRESIDENT’. Vir deelname aan die tema, plaas ek jou in die posisie as PRESIDENT van ons mooie land Suid-Afrika. Jy kan vir ons skryf oor al die dinge wat jy, as mnr. PRESIDENT of mev. PRESIDENT van ons land, sal instel of afstel of uitwis. As jy iets wil afstel wanneer jy die posisie as PRESIDENT inneem, moet jy iets in plek daarvan instel.

Hierdie week kry jy dan die geleentheid om i.p.v. die bestaande PRESIDENT te kritiseer, die PRESIDENT te word en alles wat verkeerd is reg te stel en alles wat ontbreek, in te stel.

Dalk het jy as PRESIDENT planne met invoere en uitvoere. Of die Landbou. Of Toerisme ...of wildbewaring....of Onderwys en opleiding....of Nywerheidsverhoudinge.....of Maatskappy of Inkomstebelasting. Dalk het jy ’n plan met Nkandla of het jy iets om met die rooi gevaar EFF leier, JUJU te bespreek. Wat van Nasionalisering van ons myne of Grond-onteiening? Tronke...weeshuise...hospitale....

Stel jou voor:

Ons is almal genooi na ’n spesiale vergadering van die parlement. Al die vroue en sommige manne ook, is in hulle beste en helderste uitrustings geklee. Dan hoor ons ’n groep vroue wat luidkeels ululeer. ’n Lang uitgerekte Hummer Limosien hou stil, regoor die kilometer lange rooi Persiese tapyt. As die deur stadig oopswaai, sien ons eers die blinkleer skoen wat op die sypaadjie trap en dan verskyn......jy, ja JY! Want jy is die nuwe PRESIDENT!

Van hier neem jy die leisels en vertel vir ons alles.

Boland-groetnis
Kiekies



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

BEGRAFNIS OF VERASSING - Wat se die Skrif daarvan?

deur Spannie

Hierdie baie kontroversiele vraag van ons tyd rakende die hantering van die menslike liggaam na afsterwe word onomwonde en baie duidelik aan hand van die Skrif en geskiedkundige bronne uiteengesit in hierdie volledige studiestuk. Liggaamsverbranding is baie duidelik 'n suiwer heidense gebruik en streng verbied in die Woord. Vloeiend geskryf, met baie interessante gegewens uit die geskiedenis van ons tyd is hierdie 'n boek wat mens moeilik neersit na jy begin lees het. 'n Moet vir elke ernstige gelowige van ons tyd.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar