Woes-Nuus

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Hierdie week se tema vir ‘Vandag in Woorde’ is ‘REIS’. Iets waarop ek versot is maar my spaarrekening en beursie is gans teenstrydig met my wense. En as daar ’n paar rand opgegaar het, verdwyn dit in die niet, as ek dit eers omgeskakel het na Dollar, Pond of Euro. Dis dan wanneer ek sommer teen my eie beterwete (en gewete) wil aanbeveel: ‘vlieg nou en betaal later!’

Ek luister Saterdag na RSG se reisprogram en ’n wyse man, wie se naam ek nie gehoor het nie, verklaar: Daar is oneindig baie skatte wat dié wat nie reis nie, nooit sal ontdek nie. Dis daar dat ek besef dat ons deur ons Woes-vriende se skrywes oor hulle reise, tog daardie skatte kan ontdek. Moet asseblief nie verkeerd verstaan nie. Reis hoef nie noodwendig iewers oorsee of oor landsgrense heen te wees. Hoeveel wonderlike plekke in ons eie mooie Suid-Afrika, het ek en jy nog nooit gesien nie. Rudie het al gedigte geskryf oor sy gunsteling wegbreek plekkie, wat ’n duidelik skildery in my geestesoog, daarvan was.

Vandag nooi ek jou, nee, vra ek jou, nee, smeek ek jou! Doen vir ons ’n woord-skets , of twee, of tien.In enige genre van jou voorkeur, oor die plekke waarheen jy gereis het. Naby of vêr. Oorsee of oor gebergtes en riviere. Oor landsgrense of dorpsgrense. Plekke wat jy weer sal wil sien. Plekke wat jy vir ander sal aanbeveel.

Kom ons koop ons kuber-kaartjies vandag en gaan op Woord-reise saam met al ons Woes-vriende. Las sommer ’n foto of twee by sodat ons werklik kan sien waarvan jy praat. Onthou om ‘REIS’ aan jou titel te haak.

Nou toe, my tasse en my padkos is gepak! Waarheen gaan ons?

Bos-groetnis
Kiekies.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

DIE WIEL DRAAI

deur neels claasen

Die skrywer se vierde spoorwegroman uit die stoomera uit waarin hierdie dae weer herleef word



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar