Woes-Nuus

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Hierdie een gaan ons klomp op Woes se kreatiwiteit, wysheid en oorspronklikheid beslis toets: Ons soek jóú resep of resepte vir:

Lekker kos, die liefde, geluk, hoe om ‘n braaivleisvuur reg te pak, geduld, sukses, lang verhoudings, braaivleispap, jou eie spesialiteit, hoe om kerse te maak, sagmoedigheid, flopvrye koek, hoe om geld te spaar, ‘n goeie lewe ....  Die lys het geen einde nie. Deel asseblief jóú spesiale resep met ons!

‘n Paar bekendes deel hul respte van wysheid met ons ..

“Die grootste twee foute om te maak is om sonder nadenke op te tree en om ‘n goeie kans te laat verbygaan. Hanteer elke situasie as uniek en moenie blindelings ander mense se formules, resepte of opinies navolg nie.” (Paolo Coelho)

“Ek het resepte wat beveel doen dit, doen dat. Wie máák hierdie reëls?” (Emeril Lagasse)

“Ek is mal oor kook; dis een van my gunsteling tydverdrywe – om my voorsate se resepte te maak en die ou tyd weer te proe.” (Lance Bass)

“’n Mengsel van bewondering en empatie is een van die beste resepte vir werklike gevoel.” (Arthur Helps)

“My algemene reël is om vars produkte van plaaslike markte te koop en voor te berei. Daar’s miljoene resepte daar buite om te maak en te geniet.” (Jamie Oliver)

“Ek is eintlik ‘n wetenskaplike. Ek volg resepte presies – tot ek besluit, “Ag, nee wat!” Dan volg ek iets heeltemal anders. Miskien besluit ek om ‘n appeltert in ‘n peertert te verander, maar as ek ‘n resep volg, volg ek dit baie presies. *knipoog*” (Ina Garten)


“Resep vir Geluk:

4 opgehoopte lepels geduld
1 hart vol liefde
2 hande vol vrygewigheid
3 koppies lag
1 kop vol begrip

Metode:
Meng alles saam, sprei oor ‘n hele leeftyd, sprinkel met vriendelikheid en deel dit met almal in jou lewe.”
(Anoniem)

ONTHOU: Gebruik asb die woord “resep” in die titel van jou bydrae.

Kom ons kook ‘n WOESte storm los!






 



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Die legkaart van ons lewe

deur hopeanointed

Jare se ervarings van diepe seer het ons geleer dat ons lewe ṅ legkaart is in God se hand wat Hy spesiaal uitgesoek het deur Sy liefde en genade om te voltooi. ṅ Legkaart, kosbaar en uniek waarvan elke stukkie sorgvuldig met tyd en geduld uitgesoek word om presies in plek te pas. ṅ Legkaart in bou om aan ṅ gebroke wêreld te wys dat Jesus Leef!



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar