Woes-Nuus

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die tema vir hierdie week se ‘Vandag in Woorde’ is.......is........is, hoe dan anders? Romanse! Rooiwarm Romanse. Rosige Rooiwarm Romanse! Moet ek aanhou?

Vir my persoonlik hou Valentynsdag geen abnormale bekoring in nie, maar dit beteken nog lank nie dat ek nie van romanse en romantiese geleenthede hou nie. Nee, hoegenaamd nie. Ek is versot op romantiese films, romantiese stories, romantiese boeke, romantiese gebeure en romantiese geite, MAAR......en dis ’n GROOT MAAR, moenie met ’n afgesaagde, presies dieselfde as laas jaar of presies dieselfde as pêllie Piet se idee kom nie, seblief tog! Groot dringende asseblief tog!

Wees tog net ’n slaggie oorspronklik en moenie op die nippertjie by die kêffie op die hoek inspring en sy laaste verlepte roos koop en dit in my hand kom stop en dan dink ek moet op my knieë val nie. Weet jy wat? Jy hoef my hoegenaamd niks op die 14e Februarie te gee nie. As jy my egter op 1 Maart met ’n bossie goudgeel en oranje kappertjies uit die poskantoor se tuin verras, is ek vir die res van die jaar jou slaaf. Nee wag dis ’n groot lieg. Vir die res van die maand.

Nou wil ek vir jou, my geëerde Woes-vriend vra: doen ’n stukkie selfondersoek. Soos daar van ons vroumense verwag word om vreemde knoppies op te spoor wat dalk gevaar uitspel. Vroetel oor jou eie lyf tot jy jou romantiese knoppie kry, druk dit en dan skryf jy. Skryf ’n romantiese gedig wat ek kan leen om vir my Bokka te stuur. Of skryf ’n romantiese kortverhaal, of ’n liedjie, of vertel ons in ’n rubriek van jou mees oorspronklike romantiese idee of geleentheid wat jy al gehad het. Kom gee ons sterre in die oë, bewerasie in die maag en jellie in die knieë.

Kom maak ons lam met die liefde en romanse!

Bos-groetnis
Kiekies.


*NB
Die Valentynsdagkompetisie is nie deel van Vandag in Woorde nie, maar julle kan van Kiekies se besondere idees gebruik.

ONTHOU: Die woord "Romanse" moet in jou titel voorkom. Indien jy dieselfde inskrywing vir die Valentynsdagkompetisie wil inskryf, moet die woord "Valentyn" of "Valentynsdag" in jou titel voorkom. 



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Waarheen met die Nuwe Wyn

deur Christo Nel

Die boek, WAARHEEN MET DIE NUWE WYN, wat in 2004 vir die tweede keer nuut gepubliseer is, is bedoel om ‘n bydrae te maak as deel van die gesprek rondom Bybelse vernuwing wat tans onder veral Afrikaanssprekende gelowiges aan die gang is oor wat Christen-wees en kerk-van-Christus-wees beteken.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar