Woes-Nuus

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Hierdie week is die tema vir Vandag in Woorde is ‘SAG’. Ja sag, soos in snoesig of sappig. Dis ’n byvoeglike naamwoord of bywoord wat aan ’n wye verskeidenheid van selfstandige naamwoorde of werkwoorde toegeskryf word. Daarom dan skep hierdie woord ’n oneindige aantal onderwerpe waaroor ons kan skryf.

Wanneer ek die woord ‘sag’ hoor kry ek ’n warm gevoel in my hart. Soos wanneer ek hoor van iemand met ’n sagte hart, sagte hande, sagte oë, sagte hare of sagte woorde. Daar is mos mense wat enige onenigheid met sagte woorde oplos. Wens ek kon ook so wees.

Dan is daar ’n sagte stem, sagte sang, sagte lig, sagte musiek en sagte aanraking. Hier word daar weer ’n gevoel van romanse of aanvaarding gewek.

As ons dink aan sag soos in sagte malvalekkers en spookasem wat smelt in my mond, of ’n sagte stukkie goudbruin fillet of likeur wat satynsag oor my tong rol, dan gee dit my weer ’n warm gevoel in die maag wat my smaak-kliere prikkel en my mond laat water.

’n Ander begrip van sag is hoe dit voel. Die gevoel van ’n sybloes, satyn nagklere of ’n wolmantel teen my vel, wat ’n lekkerkry tinteling teen my rug laat afgly. Of ’n sagte lamsleer baadjie en ’n sagte angora serp. Die sagte leersitplekke van ’n splinternuwe motor. Watter gevoelens word hier gewek? Rykdom, tevredenheid, bederf of dalk aansien.

Watookal in jou kop kom as ek sê: ‘sag’, dis waaroor ek jou nooi om hierdie week te skryf, sing of dig.

Ons sien uit om te lees waaraan hierdie woord jou laat dink het.
Dan groet ek nou eers weer saggies.

Boland-groetnis van die see af,
Kiekies.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Liewe Ma - van Bart I

deur Bart

Bart is 'n geliefde karakter met 'n groot aanhang, en publikasie van die briewe was 'n noodwendige reaksieop die aandrang van die lesers.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar