Woes-Nuus

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Hierdie week se tema vir vandag in woorde, het in my gedagtes lêplek gekry toe ek na ’n radio-onderhoud luister met iemand wat heeldag met ’n skêr in die hand sy daaglikse brood verdien. Kan jy al raai? Jip, die tema is SKÊR. Ek hoor jou...jy vra: “Kiekies, wat vir ’n tema is SKÊR dan nou? Watse goeie goed rook jy deesdae?”

Wag nou man, gee kans, ek verduidelik. Eerstens het ek aan die verskeidenheid SKÊR-e gedink wat op my haarkapster se trollie lê. En elkeen het ’n spesifieke taak om te verrig. En so terwyl sy haar taak verrig, broei daar honderde stories onder haar SKÊR uit. En toe onthou ek oom Willie wat altoos my pa se hare in ‘short back and sides’ geknip het. Eers met die skeermasjien en dan net so hier en daar met die SKÊR. Dan het hy nog in daai dae die hare ook geskroei. Hulle het ’n rede gehad, maar ek kannie meer onthou nie. Ek is seker hier in manne op WOES wat sal weet.

My gedagtes het oploop gegaan oor SKÊR-e. Ek onthou pa se skaap-SKÊR wat hy altyd in die garage gehad het. Waarvoor weet ek nie. En wat van ’n snoei-SKÊR? Daar is g’n beter terapie as om die tuin in te vaar, met ’n SKÊR in die hand nie. Of so reken ek. So ook reken ek is dit goed om die SKÊR, in al die vergroeisels van mens se lewe, ook in te lê.

Wat van ’n naaldwerk- SKÊR? Die klein SKÊR – tjie wat mens vir borduurwerk gebruik. ’n SKÊR vir papier sny. ’n Sigsag SKÊR en een wat mooi patroontjies maak. ’n Nael SKÊR en een vir die vliesies om die nael. Daai ou piepklein SKÊR –tjie waarmee ’n baba se naels gesny word.

Dis dan eintlik nie spesifiek die SKÊR wat ’n storie oplewer nie, maar die onthou, die simboliek en die take waaraan die SKÊR herinner.

Verder sê ek niks. Nou wag ek net om te sien hoe kreatief almal kan dink. SKÊR in die hand gaan ek gaan nou eers bietjie tuin-terapie toepas.

Boland-groetnis
KIEKIES.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

TRILOGIE

deur Warra-Warra

Bundel Naam: not ‘n f#& ISBN #: 978-0-620-46799-5 Inhoud: Gedigte (selfmoord; aanranding & mishandeling; egbreek & egskeiding; prosa) Bundel Naam: liefde se g$# ISBN#: 978-0-620-46800-8 Inhoud: Gedigte (liefde; romanse; vriendskap; SielsGen♫t versugtinge) Bundel Naam: alle'ander K#& ISBN#: 978-0-620-46801-5 Inhoud: Gedigte (tussen die lyne; tussen'in woorde; woord'affair; digters'waan; duet gedigte)



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar