Woes-Nuus

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die tema vir hierdie week se Vandag in Woorde is ‘SKRIK’. Een van my onderwysers het altoos gesê: “As jy weer skrik, skrik tog net wakker!”

Ek is nie iemand wat vir koue pampoen skrik nie, maar vir elke spinnekop, groot of klein. Ja, daarvoor skrik ek my in ’n spasma in wat veroorsaak dat ek die eerste beste naaste skoen of plakkie gryp en twee, drie hou slaan tot die arme ding net moes is. En daarna kan ek nie ophou gril nie en verbeel my kort-kort ek sien nog een.

So wonder ek dus nou wat is daar waarvoor jy skrik. Waarvoor was jou grootste lamste skrik ooit? Waffer nagmerries laat jou in koue sweet wakker skrik? Het jy ook drome wat hulself herhaal, oor en oor, wat jou elke keer hygend laat wakker skrik. Myne is ’n matriek wiskunde, oftewel Algebra, vraestel waarvoor ek nie ’n duit geleer het nie.

So van skrik gepraat, nou onthou ek ’n skoolhoof wat afgetree het en by sy afskeidspartytjie gesê het die heel lekkerste beste ding van aftrede is dat hy nou nie meer soggens sal wakker skrik nie, hy gaan sommer net dood gewoon en sonder ophef, wakker word.

Of dit nou wakker skrik of lam-skrik is, vertel vir ons waarvoor jy skrik. Dalk is dit ’n herhaaldelike skrik of was daar ’n eenmalige grootse skrik. Skryf dit. In ’n rubriek, gedig, kortverhaal of liriek. Dalk was dit snaaks, of dalk was dit ernstig. Dalk het dit jou lewe verander.

So terloops, het jy al agtergekom hoe lekker is dit om iemand wat ordentlik skrik, skrik te maak?

Ek wil jou nie die skrik op die lyf jaag nie, maar roer tog nou en vertel ons van jou SKRIK.

Onthou om die woord by jou titel aan te haak, sodat ons kan sien jy neem deel aan die SKRIK – projek.

Tot volgende week,

Boland-groetnis,
KIEKIES.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

LIESBETH

deur Trixie

'n Tradisionele roman wat wye lewensveld in kompakte tonele aanbied. Liesbeth stoei onwetend met die emansipasie-draak en vind uiteindelik vrede by Hein.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar