Woes-Nuus

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die nuwe tema vir Vandag in Woorde is hierdie week SOEN. Ja, jy lees reg, SOEN. Hierdie SOEN-tema is so wyd soos die Heer se genade.

Daar is mense wat vies en grillerig met die rugkant van die hand oor die mond vee, na ’n SOEN. Vertel ons meer. Ek self gril my dood vir sekere mense se SOEN.

Wie sal dan ooit daai eerste liefde se eerste SOEN vergeet? Die lam knieë, die engelesang in die ore, die hart wat tamboer teen die agterkant van jou borsbeen, die vlinders in die maag en die uitasem na daai SOEN. En daarna was niks ooit weer dieselfde nie. Vertel ons daarvan. Vertel ons van die een wat die eerste SOEN op jou lippe geplant het. Die plek. Die omstandighede.

Dan is daar die SOEN van ’n kind en kleinkind, wat enige ouer of grootouer se hart laat smelt. Die opregtheid. Die eerlikheid. Die vertroue. Dit laat my dink aan die liedjie: Butterfly kisses.

Ag man daar is soveel SOENe om oor te skryf. ’n SOEN om te groet, ’n SOEN om totsiens te sê, ’n vaarwel SOEN. ’n SOEN van verliefdheid of ’n SOEN van opregte en jare lange liefde. ’n Laaste SOEN. Baie mense SOEN hulle troeteldiere, selfs die snawel van ’n papegaai of kokketiel. En van voëls gepraat, ek is doodseker hulle soen mekaar.

Ai tog mense, wat is dan nou lekkerder as ’n lekker SOEN? (behalwe sjokolade) En wat is grilleriger as ’n ongewenste SOEN? (behalwe carpaccio)

Nou ja, dan blaas ek eers vir elkeen ’n soen in die bedrywige Suidooster.

Boland-groetnis,
Kiekies.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Die winkende Dood

deur neels claasen

die verhaal van n tienermeisie wat in dwelms se kloue beland het



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar