Woes-Nuus

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die nuwe tema vir Vandag in Woorde is hierdie week ‘SOMS’. Dis ’n woord wat wispelturigheid of verandering van emosie aandui. Soms pla goed my en ander kere is dit water op die eend se rug. SOMS wonder ek oor dinge van die verlede, die hede en die toekoms, maar ander kere aanvaar ek net gelate.

Die verklarende woordeboek sê so van SOMS:
Nou en dan
Van tyd tot tyd
Partykeer

As iets nie gewoonlik is nie, dan is dit SOMS.

Dis waar dat gedagtes aan die toekoms, my SOMS benoud maak. Wat is dit in jou lewe, werk, verhoudings of omstandighede, wat gewoonlik nie ’n pyn of probleem is nie, maar SOMS...net SOMS.....dan krap en kriewel dit in jou hart of kop of gevoelens. Vertel ons daarvan. Van al die SOMS-dinge in jou bestaan.

Al is SOMS nie baie nie, kan dit ook een keer te veel wees. Jy weet mos wat word gesê van die laaste strooihalm wat die esel se rug sal breek. Tog kan SOMS ook die lewe die moeite werd maak. Daai dinge wat jy SOMS doen, of wat SOMS vir jou gedoen word, wat jou weer laat asem skep, laat glimlag, laat ontspan. Laat lewe, inplaas van maar net bestaan.

Ek het hierdie gediggie iewers uitgekrap:

Soms het jy nodig om tot stilstand te kom om jou siel te vind.
Soms het jy nodig om te huil
oor wat jy verloor het
en soms moet jy lag
oor wat God vir jou wil gee.

Soms is die gisters vol hartseer
maar die mores vol nuwe beloftes.
Soms moet jy leer dat God
met liefde mense na jou stuur
om jou lewe te verryk.

Geseënde Dag saam met GOD
wat nie Soms is nie
maar Ewig.

Digter: Onbekend


Ek sien uit na elke bydrae, hetsy kortverhaal, rubriek, gedig, gorrel of liriek.
SOMS kom Woes-skrywers met diamant-skrywes vorendag.

Boland-groetnis,
Kiekies.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Suid-Afrika in die Eerste Wêreldoorlog

deur Francis Gillieron

Kroniek van die rol van Suid-Afrika in Eerste Wêreldoorlog. Gedenkuitgawe.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar