Woes-Nuus

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Om deel te neem aan hierdie week se tema vir Vandag in Woorde, sal eerlikheid van jou verg. Ook ’n bietjie kopkrap en dink. Bedink. Herdink. En weer dink. Hierdie week kan jy al jou SPYT uit die trousseaukis of skatkis op die solder loop haal.

Een ding wat ’n feit soos ’n koei is, is dat SPYT altyd te laat kom. SPYT oor dinge wat nie ongedaan kan raak nie. Te laat vir ’n spesifieke situasie, maar aan die positiewe kant gereken, sal SPYT ’n goeie les wees om te leer. Ek bedoel nou om toekomstige SPYT in ’n gelyksoortige situasie, te verhoed.

Daar is ook ’n paar dinge wat by herinnering, ’n salige sug oor my lippe stoot. Besluite en aksies waaroor ek beslis nie SPYT is nie. Soos die besluit wat ons geneem het om oë toe te knyp en sak en pak Kaap toe te trek.

SPYT het verskeie oorsake. Onervarenheid. Astrantheid. Plein dommigheid. Asprisgeit. En dan, soos die spreekwoord so duidelik spreek: ‘as jy nie wil hoor nie, sál jy voel!’

Kom nou. Vertel ons van jou SPYT. Dalk leer ons sommer ook ’n les. Moet nou nie later SPYT kry oor jy nie vandag saamgeskryf het nie.

Onthou, jy mag in enige genre skryf en soveel bydraes as jy lus het!

Boland-groetnis
Kiekies.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Inge

deur Rachelle du Bois

Inge Bergh is ‘n suksesvolle sakevrou. Sy besit en bestuur haar eie teetuin in die Bergh Kwekery. Sy is gelukkig en tevrede solank sy net genoeg tyd kry om te verdwyn na haar spesiale hoekie by die fontein. Tot haar skok en ontnugtering vind sy een aand iemand anders daar. By haar plek. Wat soek die stil en teruggetrokke buurman, André Grobler, snags in hulle tuin by haar fontein? Hoekom is hy hier waar sy is, nag na nag? En hoekom kan sy nie wegbly nie – wat is dit wat haar snags hierheen bring, net om hom hier te kry? Sal sy ooit verstaan wat dit is wat hom dryf? Sal sy kan verklaar hoekom sy aan die bewe gaan by die blote gedagte aan die aantreklike man met die versluierde oë?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar