Woes-Nuus

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Het jy geweet dat daar in Rhodes in die Oos-Kaap, elke jaar in Februarie ‘n Stoepsitfees aangebied word? Wel, ek het daar niks van geweet nie. Lees dit gister eers in ’n tydskrif raak en dis net daar dat hierdie week se tema vir Vandag in Woorde, gestalte kry. Hierdie week skryf jy vir ons ’n STOEPSTORIE!

Dit mag dalk ’n letterlike STOEPSTORIE wees. Ek meen nou iets oor jou stoep of oor iets wat met jou of iemand wat jy ken, op ’n stoep gebeur het. Hier by my adres het daar al vele STOEPSTORIES plaasgevind, want sien, ons het een van daai stoepe waar ons winter en somer land en sand kuier. Inderwaarheid woon ons in die somer op die stoep, maar slaap net binne-in die huis.

Andersins kan jy ’n figuurlike STOEPSTORIE skryf. Dit laat my dink aan Koöperasie-stories wat toeka op TV was. So ’n STOEPSTORIE is gewoonlik ook ’n skinder storie, wat oorvertel word met ’n lang kronkel stert. Helder ingekleur en voort borduur. ’n STOEPSTORIE is soms ook ’n lieg-soos-’n-tandetrekker storie.

Hierdie week kan jy dus jou verbeelding vrye teuels gee om vir ons ’n STOEPSTORIE van formaat te bou, te pleister, te verf en op te dis. In die vorm van ’n kortverhaal, rubriek, gedig of gorrel.

Seblief tog, laat ons toe om op jou stoep te kuier!

Boland-groetnis
Kiekies.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

BLIKeMMER

deur natasha dutton

"...BLIKeMMER is 'n keur van die beste gedigte van dertien opwindende digters wat skryf oor alledaagse dinge: drome en sprokies, verspeelde tyd en vrese, liefde en diepgewortelde smart, donkerdae en kindergeloof, gebede en godloosheid, omgeeflenters en somergeniet, introspeksie en nostalgie, migraine en stilte, genade en worsteling, selfs Lifebuoy en 'n huis in Vergeetstraat. 'n Bundel wat geniet en waardeer sal word deur die letterkundige, die filosoof asook die doodgewone mens op straat. Geniet dit!" (Lynette Beer: Inspirasie Spreker)



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar