Woes-Nuus

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Hierdie week se tema vir Vandag in Woorde is ‘STRAATKIND’.

Dis nie ‘n woord wat ek self gekies het nie, maar daar word ‘n STRAATKIND digbundel beplan. Die persoon in beheer is Zuanne-Marie Joubert en sy gee die volgende inligting:

Daar is heelwat WOES skrywers met treffende straatkind gedigte - ek sal dit vreeslik graag in die bundel wou publiseer. Die doel van die bundel is om bewusmaking te skep in Suid Afrika oor die lot van straatkinders.

Ek poog om die digbundel op Internationale Straatkind-dag 12 April 2015 bekend te stel met gedigte oor straatkinders van Afrikaanse digters oor die hele Suid Afrika.

Die digbundel sal ook tesame met 'n musiek CD uitgegee word. Ek is betrokke by die nie-winsgewende organisasie YOUNG WORLD EDUCARE wat al vanaf 2001 betrokke is by straatkinders.

Ons is reeds in Februarie, dit gee baie min tyd. Sou WOES-digters met Afrikaanse STRAATKIND gedigte belangstel om deel te wees van die projek hoor ons graag spoedig van julle.

1 Kontakbesonderhede:
Landlyn: 012 5424525
Cellphone: 0745117942

2 Sperdatum waarop digters finale werke moet stuur:
Die week van 23 - 27 Maart is spertyd. Die laat inskrywings sal moontlik nie kans kry om 'n proef afteteken nie.

Diegene wat verkies om te sien hoe die gedig gaan vertoon in die A5 bundel moet teen 16 Maart reeds gedigte aangestuur het, sodat ons die proewe kan laat afteken.

3 Die digters sal NIE betaal word nie, maar sal ook nie geld gevra word om hul werk in druk te sien nie. Ons poog om vir elke digter een gratis eksemplaar te kan gee.

4 Ons hoop die opbrengs is genoegsaam om vir die Young World kleuterskool speel-toerusting te koop. Die skooltjie vir kinders met enkel ouers en ouers wat nog nie werk het nie, versorg en leer die kinders daagliks teen minimale of geen fooie afhangende van die ouers se omstandighede

5 Digters se name sal by hul gedigte verskyn.

Hier is dus ‘n gulde geleentheid vir ons digters en skrywers om oor STRAATKINDers te skryf hierdie week.

Boland-groetnis
Kiekies.

Indien julle deel wil word van hierdie bundel, kontak Zuanne-Marie Joubert asseblief direk.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Wie Praat Nou? Boek 1 - ʼn Gids na die wêreld van Geestelike Energie

deur Thalita Goosen

Wie Praat Nou? Boek 1 - 'n Gids na die wêreld van Geestelike Energie - is die eerste van 'n reeks opeenvolgende boeke wat vanuit 'n geestelik/wetenskaplik/sielkundige denkrigting onderrig. Hierdie reeks boeke is gemik op daardie mense wat gereed is vir 'n hoër Waarheid en reguit antwoorde.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar