Woes-Nuus

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek het gereken dat dit hoogtyd is dat ons weer ’n slag ’n kleur as tema moet hê. Hierdie week se Vandag in Woorde tema is ‘SWART’.

Omdat kleur so ’n belangrike rol in my lewe, my gemoedstoestand, my huis en my klerekas speel, lê dit my na aan die hart. Die winter is op pad en terwyl dit nog herfs is, sien ons oorvloedige en selfs uitspattige rooi, oranje, pruim, geel, roes en selfs pers oral in die bome en veral die wingerde hier in die Boland.

Maar wanneer die winter oorneem sal almal in die noorde sien die winter maar vaal en kleurloos. Die reën droog op, bome verloor hul blare en die grasvlaktes verbleik. Hier in die suide weer maak die hemele oop en die reën sif neer in ’n vaal mistige gordyn. Dis dan wanneer die SWART hond ’n mens soms aanhoudend aan die hakskeen byt.

Om weg te beweeg van die seisoene af, kan ons dink aan ’n paar SWART gesegdes:

Dit staan daar, SWART op wit geskryf. Dis min of meer ’n wet.
Dis of SWART of wit. Daar is geen grys gebied nie.
Kan die pot die ketel uitskel as SWART? Hulle is eintlik maar presies dieselfde.
Dalk vind jy inspirasie hierin.

Dan laat los ek die teuels ’n bietjie sodat my verbeelding begin galop en ek dink aan daai SWART nommertjie wat elke vrou glo in haar klerekas behoort te hê. Ook die feit dat SWART ’n mens altyd skraler en meer sensueel laat lyk. Behalwe natuurlik wanneer SWART as roudrag gedra word.

Of wat van daai plat SWART sportmotortjie?

Waaraan laat hierdie pik-SWART tema jou dink? Skryf dit! In die genre van jou keuse. Dink binne of buite die boks, nes die gier jou pak, maar SKRYF DIT.

Intussen gryp ek nog elke helderkleurige oomblik met twee hande vas om end-uit te geniet.

Tot volgende week.
Bont Boland-groetnis,
Kiekies.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Reistog van Genade

deur Hannelie

My genade reistog van diagnosering van bipolariteit en my reistog na die veiligheid van God se Arms



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar