Woes-Nuus

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Hiep-hiep-hoera! Dis ’n nuwe jaar! En die eerste Vandag in Woorde tema vir die nuwe jaar! Hoop almal het die feestelik-geite van Krismis en Oujaar oorleef en sit gereed om met mag en krag en oortuiging hierdie nuwe jaar dwarsdeur te WOES.
Aangesien ons nog skaars klaar ge-fees en kerjakker het, het ek besef waffer belangrike rol ’n tafel in ons vieringe speel. En in ons samesyn en ons gasvryheid. In ons lag en humor. In ons ernstige lewe ook. Daarom is ‘TAFEL’ dan ons eerste 2015 tema.
Dis om die tafel dat ons Afrikaanses feesvier, politiek praat, bekgevegte voer, begrotings uitwerk, vergaderings hou, besluite neem en planne maak. O ja, onnodig om te sê, ook eet. Smaaklik. Lip-lek-lekker. Hand en tand. Vet om die mond, tot by die ore.
Ek dink aan die lang tafel in ouma se eetkamer. Aan die melamien tafel in ma se kombuis. Aan die bal-en-klou tafel waar vier van ons gelyktydig huiswerk gedoen het, langs die fm-pie met Springbok Radio se middag stories skuins voor Esmé en Jan se ‘SO MAAK MENS’. Voor die dae dat elke kind sy eie kamer, eie radio en eie wat-nog gehad het.
Ek dink aan die tafel in ’n Pizza plek waar ons pelle so lekker kuier. En die tafel by die koffiewinkel op die wynlandgoed waar ons bloukaas en ingelegde vye eet en uit ’n vet lang-steel glas met wyn afsluk. Die klein ronde tafeltjies op die sypaadjie van ’n bistro in Parys naby die Eiffeltoring. Die dik hout tafels van die straat kafee in Siprus.
Ek dink aan die ronde kiaat tafel in die bank se raadsaal, waar ons opleiding, prosedure en beleide beplan en geformuleer het.
Ek dink aan die Psalm-digter se woorde: U berei die tafel voor my aangesig........
Ek dink aan Tafelberg!
As ek sê ‘TAFEL’, waaraan dink jy? Skryf daaroor vanuit die liasseerstelsels van jou onthou-stoor. Ons wil lees en beleef en geniet.
Koppel jou titel met die woord ‘tafel’, sodat ons die bydrae dadelik kan uitken.
Ek wag!

Boland-groetnis,
Kiekies.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Van liefde en so ...

deur Robelle

Verse oor liefde in blom, in krisis, verlore ... verwerkte grappies in digvorm



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar