Woes-Nuus

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Hierdie week doen ons vir ’n slaggie iets vars en nuut. Sommerso om die koms van ’n nuwe seisoen in te wei. As die Maker gedink het dis goed dat die seisoene aanhoudend moet verander, dan is dit seker goed dat Woes se Vandag in Woorde ook gereeld oorslaan na ’n nuwe seisoen, of wat praat ek alles?

Hier is ’n verduideliking van ons vars woord-seisoen: Ek verskaf ’n paar titels van bestaande Afrikaanse boeke.

Jy kies een of meer of sommer die hele spul en skryf ’n nuwe storie onder dieselfde titel of titels.

Jy mag in die genre van jou keuse skryf. Daarom verwag ons gedigte, kortverhale, rubrieke, lirieke en gorrels. Dalk is dit ’n goeie idee om die waters van ’n vars genre te toets.

Jy mag in meer as een genre ook skryf. As jy wil, ’n rubriek en ’n liriek, of so iets.
Onthou die titel bly dieselfde, maar jy interpreteer dit soos die gier jou pak. Verder is daar geen ellelange lys reëls nie.

Al wat nou oorbly is om die titels te gee. Hier is dit dan:

1.      Reisiger
2.      Die Ooreenkoms
3.      Gister is ’n vêr land
4.      Die Kinderdief
5.      ’n Vurk in die pad

Nou moet jy net jou kraantjie oopdraai. Daar waar al jou kreatiewe sappe uitloop. Dan skryf jy vir ons ’n vars storie onder ’n ou titel.

Ek kriewel in afwagting om te sien waarmee die Woes-skrywers vorendag gaan kom. Ek laat jou nou in vrede om te skryf na hartelus.

Stof die verwarmer en die warmwaterbottel af. Afhangende van Eskom se geite, sal jy binnekort een van die twee nodig hê.

Warm Boland-groetnis
Kiekies.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Sielswoorde

deur Driekie Grobler

Voedsel vir siel - 20 Christelik-geinspireerde gedigte voorgedra deur Jana Swart.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar