Woes-Nuus

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Kiekies het weer laat waai met 'n heeeeeeerlike tema vir hierdie week!



Vandag in woorde se nuwe tema is ‘Toentertyd’.

My seun het graag gevra: ‘Ma vertel ons bietjie van die ‘ou’ dae’. Wat hy eintlik bedoel het, was die dae voor hy gebore was of nog baie klein was. Ek het vertel en hulle het gegiggel.

Oujaarsdagaand sing ons altyd:

DIE GOEIE, OUE TYD

Sal vriende ooit mekaar vergeet, al moet ons nou weer skei,
verbind deur al die lief en leed in tye lank verby?

[REFREIN]

Die goeie oue tyd, my vriend, die goeie oue tyd!
Sal ons ou vriende ooit vergeet en die goeie oue tyd?
Die goeie oue tyd, my vriend, die goeie oue tyd!
Sal ons ou vriende ooit vergeet en die goeie oue tyd?

As kinders het ons saam gespeel, so vrolik en so bly,
en ver geswerf, dit was ons deel in tye lank verby.

[REFREIN]

Nou, hier's my hand, getroue vriend, gee ook jou hand aan my,
dat ons vandag weer saam kan dink aan tye lank verby.

Of jy 16 of 46 of 76 is. Almal het ’n toentertyd. Dis nie-gekoppel aan ’n jaartal nie. Party mense se toenter is net toenterder as ander s’n. Van ’n paar manne onder die WOES-tyne, wonder ek wie die toenterste stories kan vertel. Hierdie is ook ’n geleentheid om toenter-fiksie op te dis.

Sommige mense praat van die goeie ou dae. Was dit rêrig so goed? Jy weet mos man, toeka. Toe mans nog ‘mans genoeg’ was en vrouens nog ‘dubbel-borstig’ was. Toe dinge so helemaal anders was. Stadig was. Te stadig, dalk. Veilig was. Nooit té veilig nie. Minder meganies en meer ‘mens’ was. Ek meen nou maar, daai dae toe jy jou geld binne-in die bank, by ’n mens-teller getrek het. Of toe alles met die hand geskryf en met die hand afgelewer was.

In die ou dae toe manne eendstert haarstyle met brylcream-kuiwe gedra het en vrouens heelaand op skerppuntskoene met tiekie-hakke gedans het asof dit so gemaklik soos tekkies was.

Geskiedkundige dinge wat gebeur het waarby jy, of iemand wat jy ken, betrokke was. ’n Storm, ’n vloed, ’n aardbewing of ’n vliegtuigongeluk. Ons wil hoor hoe dit gebeur het en hoe dit gevoel het. Ek dink nou aan die eerste TV-uitsending hier in SA. Ek was daar.     

Ai man, vervloë ou dae verskaf ’n magdom dinge om oor te oee of te aaaa! Te rym of redeneer, te dig of droom, te sing of skinder, te lieg of te lag.
Ek sê saam met Carika Keuzenkamp: Hoeka Toeka JA, JA!

Onthou asseblief om die woord “ Toentertyd” in jou titel te gebruik.



Deur: Kiekies



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Vergete Pioniers

deur neels claasen

n spoorwegroman uit die sestigerjare



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar