Woes-Nuus

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Trek                  deur Kiekies

Nou hier is nou vir jou ’n woord met vele betekenisse en konnotasies. Ja, vat jou goed en trek Ferreira! Ek was al te veel kere in my lewe ’n Ferreira. Om presies te wees, twintig keer. Die kinders gaan geen kanse waag, wanneer hulle ons die dag begrawe nie. Daar gaan ’n beton blad oor die graf gegiet word en die grafsteen sal lees: ‘Moenie roer nie!’

Kom ons bekyk die ander definisies van trek:

•      Sleep – agterna trek.

•      ’n Luggie wat deur die venster binnekom. Ouma was altoos so bang sy vat ’n trek oor die blaaie. So het die ou mense mos gepraat.

•      ’n Herhalende gesig beweging, bv. ’n oogknip of mond beweging. Iemand wat so aanhoudende oogknippery het, kan baie maklik verkeerd verstaan word en onskuldig ’n warm klap toegedien raak. Siestog.

•      Soos iemand anders lyk. Ek self, trek op my pa. Al meer, hoe ouer ek raak. So skrik ek my soms boeglam as ek vinnig in die spieël kyk.

•      Wat tee doen om sterker te word en in volle geur te kom.

•      Om geld uit die outoteller te haal of van die kassier te eis. My seun kon nie verstaan hoekom ek nie maar net geld by die masjien kan kry, as iemand anders dan nou net ’n hele pak note daar gekry het nie. ’n Bankbalans het vir hom geen sin gemaak, as die masjien dan vol geld is om uit te deel nie.

•      Wat oom Giepie aan sy pyp doen wanneer ta’ Drienie vir hom sy koffie op die stoep bedien. Of soos die een moegoe vir die ander sê: ‘gee my daar ’n trek van jou skyf, my bro.’

En dan is daar ’n hele kaboedel woorde wat van ‘trek’ afgelei is:

•      Trekpas
•      Trekgoed
•      Trekvee
•      Trektou
•      Trekvoël
•      Trekker
•      Trekgat
•      Treknet
•      Trekkrag en sommer nog ’n hele paar.

Nou wil ek dit uitdruklik stel:

As jy nie iets kan skryf oor of van trek nie, is dit miskien tyd dat jy jou goed vat en iewers anders gaan plak. Nee, nie rêrig nie, maar trek ’n streep en skryf ’n stukkie oor hierdie onderwerp. Agge toeeeee man! !

Lekker trek!!!




Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Plek van die Flaminke

deur Rachelle du Bois

Delia Kriel is mede-eienaar van die vakansieoord Zeesig. Haar eerste ontmoeting met Alex Vorster, haar sexy nuwe buurman, laat haar hare rys. Hy jaag haar kat die skrik op die lyf en hy jaag haar die harnas in. Kortom, hy pla haar, vreeslik, aanhoudend. Hy het haar rustige bestaan hier op Zeesig kom versteur en sy is vies, baie vies. Alex se broer, Xander, is die diep een, die stil musikant wat sy hart op Delia se vriendin, Madeleen, verloor het. Hy is koppig en hy weet wat hy wil hê, maar sy is versigtig vir die liefde, want net 'n donkie sal twee keer oor dieselfde klip struikel. En sy is nie 'n donkie nie. Hy is egter die ideale model vir haar beeldhouwerk en haar kunsuitstalling lê voor . . .



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar