Woes-Nuus

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

November Woord-uitdaging

Op die vooraand van die laaste maand van hierdie jaar, bied Vandag in Woorde jou hierdie week weer ’n heerlike woord-uitdaging. Die vorige uitdaging het ’n hele paar vlymskerp skryfsels opgelewer. Nee kyk, Woes het vele skrywers wat nie terugstaan vir ’n uitdaging nie. Hulle pak die bul by die horings, die perd by die maanhare en die vark by sy krulstert en lewer telkens smaaklike leesgenot. Baie dankie aan ieder en elk wat deelgeneem het, ek salueer julle.

Ter verduideliking aan al ons nuwe lede en al die ander wat nie meer kan onthou nie, gee ek net gou weer die reëls.

So werk dit:

1.      Ek gee vir jou ses woorde.
2.      Jy moet al ses die woorde gebruik.
3.      Skryf in enige genre. Selfs ’n gorrel is baie welkom.
4.      Gee die ses woorde voor jy begin skryf of skryf dit in skuinsdruk. (Dit help die leser om te sien hê jy die woorde inspan)
5.      Jy mag ’n verbuiging van die woord gebruik om by jou tema aan te pas, solank een van die ses woorde die basis vorm, bv. Vang wat vervang word.
6.      Onthou om die woord ‘Uitdaging’ by jou titel te heg.

Dis al die reëls, hier is die woorde:

Hoon
Huigel
Herrie
Heers
Hart
Hulp

Op jou merke, gereed……..skryf!

Bos-groetnis
Kiekies.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Plek van die Flaminke

deur Rachelle du Bois

Delia Kriel is mede-eienaar van die vakansieoord Zeesig. Haar eerste ontmoeting met Alex Vorster, haar sexy nuwe buurman, laat haar hare rys. Hy jaag haar kat die skrik op die lyf en hy jaag haar die harnas in. Kortom, hy pla haar, vreeslik, aanhoudend. Hy het haar rustige bestaan hier op Zeesig kom versteur en sy is vies, baie vies. Alex se broer, Xander, is die diep een, die stil musikant wat sy hart op Delia se vriendin, Madeleen, verloor het. Hy is koppig en hy weet wat hy wil hê, maar sy is versigtig vir die liefde, want net 'n donkie sal twee keer oor dieselfde klip struikel. En sy is nie 'n donkie nie. Hy is egter die ideale model vir haar beeldhouwerk en haar kunsuitstalling lê voor . . .



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar