Woes-Nuus

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Hierdie week se tema vir Vandag in Woorde is ‘VOOR’. Letterlik ‘voor’ of figuurlik ‘voor’. Jy kies self. Voor in die koor, voorbarig of voor op die wa. Dalk is jy ’n voor-danser, voor-sêer of voor-sanger. Voor is die teenoorgestelde van agter, maar voor is ook die teenoorgestelde van na. Ek sê mos: ‘jy kies self’. Skryf iets oor die ‘voor’ wat in jou kop opspring.

Dalk is dit die water-voor wat water aan die landerye op die plaas voorsien. Jou plaas of jou oupa se plaas. In my grootword dae was daar ’n voor waarlangs al die mynwater weggevoer was. Waarheen, weet ek nie. Dit was ’n heerlike speelplek vir die kinders. In jou geboorte pak moes jy daar afgly, want as jy dit met ‘n swembroek sou waag, was dit sommer gou flenters geskuur en dan wou ma weet waar dit gebeur het en die waarheid sou jou suur bekom.

Daar is ek nou weer heel van trant af. Jy sien, dis die ding van skryf. Jy begin met een gedagte en eindig met ’n gedagte wat niks met die eerste een uit te waai het nie.

Ewenwel, toe ek hierdie ‘voor’ idee gekry het, het ek gedink aan dinge soos:

VOOR selfone – hoe het ons dit oorleef?

VOOR internet – waar het ons inligting vandaan gekom? Of was ons almal oningelig?

VOOR TV – wat het ons saans gedoen en waar het ons vermaak vandaan gekom?

VOOR rekenaars – ai man was daar so ’n tyd?

VOOR e-posse

VOOR Facebook, Twitter, Stumble upon, Toeter, Linkedin en ...en....en...

Voor jy getroud was

Voor daar kinders was

Voor jy grys geword het

Voor jy vet geword het

Voor jy maer geword het

Voor jy ’n bril moes dra

Voor jy oud geraak het

Voor jy begin doof raak het

Voor werk....., voor kerk....., voor ’n doktersbesoek...., voor skool...., voor ’n vergadering.....

Hierdie onderwerp is so wyd soos die Here se genade.

Jy skryf daaroor, dig daaroor, sing daaroor of maak ’n storie op daaroor. Moet nou nie te lank wag VOOR jy begin nie. Ag, en asseblief, groooot asseblief, gebruik die tema woord in jou titel, of haak dit net aan. Ek wil so graag al die bydraes raaksien en lees.

Nou ja, al wat oorbly is om te groet.

Ek wens jou VOOR-spoed toe vir die week wat VOOR-lê!

Bos-groetnis
Kiekies.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Katarsis

deur http://www.woes.co.za/

Katarsis, ’n versameling gedigte deur 3 skrywers, tribalmoon, Berg en Chenél Pieterse-Boyle in Afrikaans, bevat ’n uiteenlopende versameling gedigte wat ’n ryk diversiteit van temas en denke byeenbring.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar