Woes-Nuus

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die jaar 2013 is op sy rug en talle mense slaak ‘n sug van verligting. Vir meeste van ons was dit ‘n dol, holderstebolder 12 maande en almal van ons geniet ‘n bietjie verlof en dae af om weer te herlaai en 2014 met nuwe hoop en ywer aan te pak.

Ek luister vanoggend oor die radio na die verskeie voornemens wat mense vir 2014 het. Heel bo aan die lys is natuurlik die voorneme om gewig te verloor, dan volg voornemens om op te hou rook, meer geld te maak, die korporatiewe leer verder te klim en om ‘n gesonder leefstyl te handhaaf.

Hoeveel van ons hou by ons voornemens?

Steve Jobs het die volgende filosofie gehandhaaf en ek haal aan: “For the past 33 years, I have looked in the mirror every morning and asked myself: 'If today were the last day of my life, would I want to do what I am about to do today?' And whenever the answer has been 'No' for too many days in a row, I know I need to change something.

Het jy voornemens vir 2014 en wat is dit?

Deel jou voornemens met ons en kom ons kyk wie hou daarby!

Geniet dit en Voorspoedige Nuwejaar!



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Stromateia: 'n Lappieskombers van Gedigte

deur Vesting

Op aandrang is die gedigte van Vesting wat op Woes gepubliseer is, in boekvorm uitgegee (A5, slapband, 28 pp). Navrae: 072 4078561



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar