Woes-Nuus

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Nou is dit vrouens se beurt ... Laat waai met bydraes en kom ons kyk of almal soveel te sê het oor vrouens as oor mans. Hier is ‘n paar aanhalings van bekendes om die gedagtes los te kry:

“Een van die moeilikste goed in die lewe is om ‘n vrou te oortuig dat selfs ‘n winskoop geld kos.” (Edgar Watson Howe)

“Vrouens is soos karre: alle mans wil ‘n Ferrari hê, soms ‘n 4x4, maar enidig gewoonlik op met ‘n stasiewa.” (Tim Allen)

“Mans is vreemd, maar vrouens is by verre meer vreemd.” (Lord Byron)

“Daar is 3 maniere om nuus te versprei: telegram, tevisie en televrou.” (Anoniem)

Ek is veel eerder ‘n vrou as ‘n man. Vrouens kan huil, uitspattige klere dra en word altyd eerste gered wanneer ‘n skip sink.” (Gilda Radner)

“Ten spyte van dertig jaar se navorsing oor die vroulike psige, is ek steeds nie daartoe in staat om die een groot vraag te antwoord wat nog nooit beantwoord is nie: Wat wil vrouens hê?” (Sigmund Freud)

“Sommige vrouens hou ‘n rok op en sê, “Dit lyk baie beter aan.” Aan wat? Aan die brand?” (Rita Raudner)

“Wanneer vrouens die verkeerde pad kies, is al wat ‘n man is agter hulle aan.” (Mae West)

“Daar is twee teorieë oor hoe om met ‘n vrou te argumenteer. Nie een werk nie.” (Anoniem)



ONTHOU: Die woord Vrou/vrouens/vroulik/vroumens moet asb in jou titel voorkom.

Hierdie gaan interessant wees ...
 



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Gister se Onthou

deur borrels

ek pluk 'n klompie letters van 'n laning woord-bome af dan bou ek 'n vers daarmee die trand daarvan soms bietjie laf maar die woorde van die verse kom diep hier uit my hart dit skets die liefde van die lewe soms met pienk en soms met swart



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar