Woes-Nuus

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Vandag in Woorde se tema vir hierdie week is ‘VRY’.

Dis vir my een van die grillerigste woorde in onse mooi Afrikaanse taal. Vry en kêrel. Seker maar omdat ma dit altyd so vieslik laat klink het as sy gesê het:
‘Nee, jy gaan nie al weer vanaand na daai partytjie toe nie. Julle wil net weer in ’n half-donker garage op die maat van stadige musiek gaan vry met ’n kêreltjie.’
Dalk omdat sy die spyker op sy kop geslaan het en ek skuldig was.

’n Versekeringsmaatskappy sê dat ons die heel lekkerste in Afrikaans vry en baklei. Dis ’n groot waarheid sovêr dit baklei aangaan. Ek kan ’n goeie geveg in Engels aan die gang sit, maar ek kan nie die geveg deurvoer en oorwin as ek nie oorslaan na my eie taal toe nie.

Ek het al van verlede Dinsdag af aan hierdie tema gedink, maar eers finaal besluit toe Madiba oorlede is en hy altyd met vry wees vereenselwig was. Daar is die boek en film oor sy lang stofpad na vryheid.
Hy het na sy vrylating vertel dat die dag wat hy by die tronk uitgeloop het, moes hy besluit om alle woede, haat en bitterheid agter te laat. Anders sou hy nooit vry wees nie.
Daar is ’n liedjie wat sê dat vry net ’n ander woord is vir ‘niks oor om te verloor nie’.
’n Ander betekenis van vry is verniet. Sonder om te betaal. Gratis. Soos God se vergifnis vir die wat glo.

Daar is so baie onderwerpe wat ’n skrywer kan aanraak onder hierdie tema:

Vrybriewe
Vrydenker
Vrygebore, soos daar na almal wat na April ’94 gebore is, verwys word.
Vrygeestig – daarvan het ons sekerlik baie hier op Woes.
Vrygesel – iets wat ek nie wil wees nie.
Vrylaat
Vrymoedig
Vrypostig
Vryspring
Vrystaat en Vryheid, die dorp.
Vrywillig
Vrywaar.

Nou ja, al wat oorbly is om sê: ‘wees vry om jou vrydenke in ’n verhaal, gedig, rubriek, gorrel, artikel of liriek vrylik te laat vloei! Vertel ons van al jou vry-stories.

Ja toe man, vertel ons!’

Bos-groetnis,
Kiekies.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

RANGEERWERF

deur Johann P. Boshoff

Hierdie selfpublikasie, met die volledige titel RANGEERWERF: DIE WAARHEID GELIEG, bestaan uit nege (9) homofiliese kortverhale met sterk biografiese inslag opgeneem. Dit is 'n rangering deur die lewe.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar