Woes-Nuus

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Hierdie week is die tema vir vandag in woorde ’n vraag. Nie sommer net enige vraag nie maar ’n vraag wat ek gereeld oor mense se lippe hoor kom. Ek glo jy hoor dit ook gereeld en spreek dit selfs elke dan en wan uit. Die vraag is:
WAT AS....?

En ek weet as is verbrande hout, maar WAT AS al die WAT AS vrae geldig is? In hoeveel omstandighede wonder jy: “WAT AS . . .?”

Ouers wonder: “WAT AS my kind deur matriek kom en daar is geen beurs of geld in die bank vir sy studies nie?”

Kinders wonder: “WAT AS ons nie vinnig plek vir my ouers in ’n aftree-oord kry nie?”

In ’n huwelik wonder een party: “WAT AS hy/sy nie meer lief is vir my nie?”
Of: “WAT AS hy/sy iets oorkom?”

Beleggers wonder: “WAT AS die Rand nog verder verswak?”

Boere wonder: “WAT AS dit nie binnekort reën nie of my grond word onteien?”

Die broodwinner wonder: “WAT AS ek nie genoeg geld kan voorsien vir ons aftrede nie?”

Matrikulante wonder: “WAT AS ek dit nie maak in die eindeksamen nie?”

Ek wonder: “WAT AS die hemel val?” maar dan besef ek “dan sal ons almal blou hoedjies dra!”

In jou stoutste verwagtinge, stoutste verwagtinge, grootste vrese en verbeelding, wat is jou ‘WAT AS’ vrae?

Vertel vir ons in jou beste skryfstem.

Boland-groetnis
Kiekies.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

AFGODE

deur Piet Schoombie

Die aangrypende verhaal van 'n weeskind se stryd en strewe in 'n kinderhuis.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar