Woes-Nuus

Bladsye:
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Hierdie week se tema vir Vandag in Woorde is ‘WEER’. Dis mos die ding waaroor mense praat as hulle nie weet waaroor om te praat nie. Kan jy dit hoor?

‘Dis bibber koud nè. Ek kan nie wag vir die warmer weer nie! Winter is nie vir my nie.’

‘Ons vrek van die hitte vandag. Die kraaie gaap eintlik.’

‘Ek het nou sowaar genoeg reën gesien. Alles is sopnat en versuip.’

‘Dis droog swaer, en daar is nie ’n wolkie in die lug nie. Weet nie wat die skaap een van die dae gaan vreet as dit so aanhou nie’

So nou en dan hoor ek darem ook iemand wat lofsange sing oor ’n pragtige dag.
Hier by ons ruk en pluk ’n kwaai wind vandag aan my voordeur en waai my plantjies genadeloos plat teen die grond. Die gordyne ballon voor die vensters en gebrande grasstoppels en droë blare warrel in die lug rond. Dit herinner my aan die Augustus winde doer in die dorre Wes-Transvaal van my kinderdae. Rooi stof dwarrelwinde en mielieblare net waar jy kyk. Winde wat my gemoed heel deurmekaar waai.

Nou vra ek aan die Woes-familie, hoe affekteer die weer julle? Ek verstaan dat Europeërs wat so baie grou dae beleef, heelwat meer geneig is tot depressie.
Wat doen jy die graagste wanneer die weer daar buite te goor is om buite te wees?

Laat jy toe dat die weer jou beïnvloed?

Watter soort weer verkies jy?

Onthou jy een spesifieke gebeurtenis wat aan die weer gekoppel was?

Ek onthou ’n dag wat ons op pad was na ’n troue in Vereeniging midde-in ’n wolkbreuk. Ons was oortuig dat roei ons voorland sou wees.

Nou goed dan, as jy niks oor die weer te sê het nie, wat dan van ‘weer’? Onwillekeurig onthou ek hoeveel keer ek belowe het, as ma my wou foeter: ‘ek belowe ek sal nooit ooit weer nie!’

Kom vertel dan vir ons wat jy nooit ooit WEER sal doen of sê nie. Of dalk is daar iets wat jy enige tyd weer SAL doen, as jy kan. Vertel ons daarvan, dalk wil ons dit ook op ’n dag probeer.

Man, as jy nou lus is om oor enige ander betekenis van die woord te skryf, doen dit dan. ’n Gedig, rubriek, liriek of kortverhaal. Enige iets is moontlik. Enige iets is welkom. Skryf seblief.

Bos-groetnis tot ons ‘weer’ praat.
Kiekies.

Onthou asseblief om die woord "weer" in jou titel te gebruik. Lekker skryf!



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    Gebroke Harts Gebede

    deur Anze Bezuidenhout

    Gebroke Harts Gebede is ‘n digbundel oor die einas van die lewe. ‘n Soeke na liefde op ‘n stormagtige pad. Mag hierdie bundel vir die leser ‘n pad na herstel aanwys. Die diepe besef dat jou krag van Bo kom. Ja jy is tot alles in staat deur Christus wat jou krag ~ Anze Bezuidenhout



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar