Woes-Nuus

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die tema vir Vandag in Woorde is ‘WOES’. Na aanleiding van ’n debat wat oor die naweek op ons werf plaasgevind het, besluit ek toe dat dit die regte tema is vir hierdie week. Dit wil vir my lyk asof mense baie oor Woes te skryf het en daarom kan ieder en elk hierdie week ’n bydrae lewer.

Ek sien Woes as ’n plaas waarop al die Woestelinge, saamwoon en woord-boere is. Net soos dit in die natuur werk, heers die wet van saai en maai ook op ons plaas. ’n Wet waarby nie een van ons verby kan kom nie. As ek tien mieliepitte saai, kan ek nie verwag dat daar twintig plante sal opkom nie. Net so min kan ek tien piesangbome verwag. Party van ons het ’n heelwat groter oes as ander. Sommige het selfs al hier op woes hulle woorde geoes en verpak in ’n boek en dit op die mark gaan verkwansel aan die wêreld daar buite. Hier ploeg, saai, oes en swoeg almal saam.

Vir my is Woes meer waardevol as goud en geld. Woes was my lewensaar vir ’n aantal jare in die Woestyn. Op die werf van Woes kon ek elke dag in my eie taal soos ’n hoenderhen gaan rondskrop en stof opskop. Aan die begin het ek alleen gekekkel maar kort voor lank was daar in my kommentaarhokkie oor en weer gekekkel en kraai. Somtyds was ek selfs gepik oor ek verkeerd geskrop het. Gou het ek geleer dat ek daaruit moet leer. Ek moes ook leer om die pik te vat van watter hoender dit kom, want die spreekwoord sê mos: jy kan die meeste van die tyd, die meeste mense tevrede stel, maar jy kan nie altyd almal tevrede stel nie.

Hier in die bos van donker Afrika is Woes al weer my lewensaar. Intussen het ’n paar Woes-skrywers nou ook geliefde vriende geraak, met wie ek buite Woes gesels. Ek is die trotse eienaar van ’n paar boeke wat deur my Woes vriende geskryf is. Dit alles het ek op die Woes werf geoes.

Wat oes jy op die Woes werf en wat beteken dit vir jou?
Wat doen Woes aan jou hart en siel?
Wat doen Woes vir jou skryfwerk?
Hoekom is jy op Woes?
Hoe sou jou lewe verander as Woes sou wegval?
Wat sou jy op Woes wil aanplant of uitroei?

Ons wag almal vir jou Woes-skryfsel in watter genre jy ook al verkies.

Bos-groetnis
Kiekies.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Maalkolk

deur Rachelle du Bois

Adele Coetzee will nie vir Francois Bekker as nuwe plaasbestuurder op Goedgeloofd hê nie. Sy kan self hul familieplaas bestuur. Francois is ‘n indringer en hoort nie op die plaas nie. Sy vertrou hom nie, maar Francois besluit dat hierdie tierwyfie getem moet word. Deon Kelder woon op die buurplaas Goedehoop en hy is verlief op die misterieuse nuwe onderwyseres by die plaaslike laerskool, Madri Viljoen. Waarvoor het die hoogsbegaafde Madri gevlug en wat kom maak sy hier op Heidelberg? Hy wil haar hê, maar dis toe nie so maklik nie, want haar pynlike verlede kom staan soos ‘n skim tussen hulle. En wie is Alex ….?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar