Woes-Nuus

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Vandag in Woorde bied jou hierdie week weer ’n heerlike woord-uitdaging om jou vernuf met woorde te toets. Ons het so lanklaas ’n Woord-uitdaging gehad, dat ek al amper van so iets vergeet het. Gelukkig het Toom my weer ’n slag wakker geskud en hierdie uitdaging dra ek amptelik op aan oompie Toom. Baie van die Woestelinge, het die vorige uitdagings soos ’n bul aan die horings gegryp en bulkend op die rooi woord-lap afgejaag, in een groot stofwolk.

Om al ons nuwe Woestelinge in te lig oor hoe dit werk en sommer ons ouer Woestelinge weer te herinner, verduidelik ek net gou weer die reëls.

Nou kyk, dit werk so:

1.      Ek gee vir jou ses woorde.

2.      Jy moet al ses die woorde in jou bydrae gebruik.

3.      Skryf in enige genre van jou voorkeur of plak sommer net ’n gorrel.

4.      Gee eers die ses woorde, voor jy begin skryf of skryf dit in skuinsdruk in jou bydrae. (Jy onthou mos, daar is van ons wat maklik vergeet wat die woorde was.)

5.      Jy mag ’n verbuiging van die woord gebruik om by jou tema aan te pas, solank een van die ses woorde die basis vorm, bv. Vang wat vervang word.

6.      Onthou om die woord ‘Uitdaging’ by jou titel te heg, dan kan ons sommer die bydraes dadelik opspoor.

Dis so maklik soos uit die boom val.

Hier is die ses woorde:

Diskreet

Kalwe

Opsnork

Stem

Troef

Wan


Nou toe: vat hom vas Asjas, laat waai Meraai en lekker skryf Olyf!

Gee ons iets om oor te lag, te huil of te mymer. Ek hou die horison dop om te sien as jy in ’n stofstreep op die Woes-werf kom rem slaan om met ’n skryfsel vas te skop.

Boland-groetnis
Kiekies.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Waarheen met die nuwe wyn

deur Christo Nel

Dr Christo Nel skryf hier oor die nuwe wyn-waarhede in die Bybel wat sy en ander se lewens verander het.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar