Woes-Nuus

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

      Die tema hierdie week vir ‘Vandag in Woorde’ is ‘FOUT’. Na verlede week se speletjies tema het dit geblyk dat daar net twee of drie Woesters is wat nog enigsins speel en dis ’n groot FOUT. Dalk maak ek ’n FOUT om so afleiding te maak. Sien, wat in my oë ’n fout is, is dalk vir jou helemaal reg of normaal.
     
      As jy vir my sou vra wat die moeilikste ding van kinders grootmaak is, sal my antwoord wees: ‘om hulle toe te laat om hulle eie FOUTE te maak’. Dis tog hoe ek en jy ons duursaamste lesse geleer het. Deur die FOUTE wat ons in ons eie lewens gemaak het en tot vandag toe nog maak. En tot ons die FOUT regstel, sal ons die die les oor en oor leer. Watse FOUTE maak kinders?
     
      Vertel vir ons wat was die beste FOUT wat jy ooit gemaak het, waaruit jy jou beste les geleer het.
     
      Wat is die FOUT wat jy nog altyd maak? Vertrou jy te maklik, gee jy te maklik, oordeel jy te maklik of is jy gans te agterdogtig?
     
      Wat was jou mees onlangse FOUT?
     
      Dalk kan jy ons vertel van iemand anders se FOUTE, dis dalk so bietjie makliker om uit te blaker. Dink nou maar aan die FOUTE in ons land, ons skole, ons politiek, ons kerke, ons finansies en ons leiers op watter gebied ook al. FOUTE van jou familie, eggenoot of kinders. My pa het altyd die ‘verdomde Engelse’ blameer vir alles wat FOUT gegaan het op die myn.
     
      Wat is die mees algemene FOUT wat mense in hierdie dae maak?
     
      Wat is ’n algemene FOUT van Suid-Afrikaners?
     
      Sommige FOUTE is baie komies, wat die leser sal laat lag.
     
      Sommige FOUTE is tragies, wat die leser sal laat huil.
     
      Wys my die man of vrou sonder FOUTE en ek wys jou die leuenaar!
     
      Gorrel, dig of skryf ’n kortverhaal, liriek, artikel of rubriek. Jy sal hierdie week slegs oorgesien word as jy FOUT-loos is.
     
      Moenie ’n FOUT maak nie.
     
      Bos-groetnis
      Kiekies.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Sirkeldans

deur Driekie Grobler

Die foto van my boek wys nie op die advertensie wat julle geplaas het nie, kan julle dit asb vervang met hierdie foto. Baie dankie :)



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar