Woes-Nuus

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die tema vir hierdie week se Vandag in Woorde is LIED. Is die lewe dan nie ’n LIED nie?

’n Jolige opgewekte opkikker-LIED, noudat die lente om net die volgende hoek op die punte van haar tone rondtrippel, in afwagting om haar verskyning te maak. Hierdie tyd van die jaar ontstaan daar spontaan ’n LIED in my hart.

Elke LIED wat ek ken, bring herinneringe. Soms veroorsaak die LIED hartseer en verlang. Soms veroorsaak ’n LIED kriewels in my maag en lekkerkry in my siel. Sal ek dan ooit die LIED vergeet waarop ek en Bokka die baan geopen het, daai dag toe ons elkeen ’n hand in die boeie van ons huwelik gesteek het. Of die LIED wat ’n ou liefde onder my koshuiskamer se venster kom sing het?

Kinders onthou die LIEDjies waarmee hulle slaap gemaak was as kleuters. Ek onthou elke LIED waarop ons gedans het tydens ons garage-partytjies. Sommige so vinnig dat sweetstraaltjies teen jou rug gekielie het en ander so stadig dat jy elke karteling van jou dansmaat se lyf kon waarneem. Ai toggie, waar is die dae?

Waarvan getuig jou LIED vandag? Wat spreek die lirieke van jou LIED? Wil jy dalk vir iemand ’n nuwe LIED skryf? Doen dit dan sommer dadelik! Hier op WOES.

Vertel ons van ’n LIED in jou lewe.
Uit die verlede of die hede.

Dan sing ek eers weer my groetnis-LIED.
Sing saam met my die LIED van die lewe.

Tot volgende week,
KIEKIES.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Die winkende Dood

deur neels claasen

die verhaal van n tienermeisie wat in dwelms se kloue beland het



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar