Woes-Nuus

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Hierdie week se tema is ‘LEEF’    deur Kiekies

Met die lente ophande bruis die lewe weer in my are. Die afgelope tyd het ’n hele paar gesegdes en eposse my aan die lewe laat dink. Een ding staan soos ’n paal bo water. Daar is ’n berg-grootte verskil tussen leef en bestaan.

Ek haal so paar stellings aan. Sommige moes ek vertaal.
  • Daar loop ’n hele klomp mense rond wat dood is en dit nie eers weet nie.
  • Ons maak ’n bestaan uit wat ons ontvang, maar ons maak ’n lewe uit wat ons weggee.
  • Elke dag wat ek lewe word ek ouer, dis ’n gegewe. Om volwasse te raak is egter opsioneel.
  • Jy leef eers werklik wanneer jy buite jou gemaksone en vêr van jou veiligheidsnet af is.
  • Of ons gereed is of nie, eendag kom die lewe tot ‘n einde. Dan sal niks meer saak maak nie. Nie waar jy gewoon het, wie jy geken het en hoeveel jy besit het nie.
  • Wat sal saak maak wanneer jou lewe verby is?
  • Na hierdie lewe, leef jy voort in ander se herinneringe van jou.
  • Om ‘n lewe te leef wat saak maak, gebeur nie per ongeluk nie.
  • Moenie ophou lewe voor jy sterf nie.
In elke mens se lewe is daar tye en dinge wat jou lewendig laat voel. Die sterre in die hemel oor die woestyn doen dit vir my. Wat laat jou lewendig voel?

Soms doen ek iets of is ek iewers en wat ek om my sien of beleef laat my salig sug-sê: ‘Dis mos die lewe.’ Wat is dit wat jou so laat voel?

As jy jou lewe weer van vooraf kon begin, wat sou jy anders doen?

Niemand leef sommer net nie. Daar is ’n doel met elke mens se lewe. Sommige mense bereik die doel en ander mis dit toetentaal. Of wat praat ek nou alles?

Wat is die doel van die lewe? Wat is die doel van jou lewe?

Toe nou, kry lewe! Dis verniet. Tokkel daai toetsbord met mening! Vertel ons alles wat jý weet van die lewe en leef. Vertel alles wat óns behoort te weet.

Dalk red jy vandag ’n lewe.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

VOLLEDIG CHRISTEN, VOLLEDIG MéNS

deur Johann P. Boshoff

"We need to rediscover ourselves as full human beings and discover that it is precisely as full human beings that God wants us to come to him. His salvation, his love, his mercy are designed for full human beings, not for theological or religious creatures who have stifled their humanity or repressed their deepest emotions. We ought to be fully human and unashamed of our humanity ... as we approach the God who made us that way and is waiting for us to come to him in that way. Jesus himself approached God in that way and communicated with his whole heart in prayer to the Father. (Hebrews 4:15-16 and 5:7) The Spirit is imparting to our heart the faith and desire to approach God." ■ Ralph Martin in Hungry for God (1974)



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar