Titel: Verbeterde navigasie
Weergawe:
Aantal woorde: 275
Kere gelees: 2045
Datum gepubliseer: 21 Nov 2007
Woes het ongelooflik gegroei oor die afgelope paar maande. Daar in nou meer as 1,600 registreerde skrywers op die webwerf en dit het begin moeilik raak om werk te lees en het tot gevolg gehad dat jy ernstig baie moet kliek om by iets uit te kom. Dit is nou verbeter.
Die nuwe navigasie sisteem werk baie eenvoudig deur net ‘n “Wys meer” of “Wys minder” skakel te kliek.
Soos gewoonlik word alle teks in die linker kolom van die blad vertoon en dan aan die regterkant word al die nuutste werk in elke kategorie ook vertoon. Die 10 nuutste stukke in elke kategorie was gelys.
Om nog werk van dieselfde skrywer te lees het beteken dat jy die skrywer se blad besoek en so sy ander werk uit te soek.
Nou werk dinge anders. As jy ‘n stuk werk lees en die betrokke skrywer het ook ander werke in dieselfde kategorie ingestuur sal drie van sy ander werke se titels ook gelys word. Jy kan eenvoudig net op die titel kliek om dit te lees. As jy op die “Wys meer” skakel onder dit kliek sal dit al die werk wys wat die persoon in daardie kategorie ingestuur het. Dit gaan die lewe baie makliker maak veral as jy ‘n kortverhaal reeks volg.
Dieselfde geld vir die nuutste werk in elke kategorie. Die nuutste 5 word vertoon maar as jy op “Wys meer” kliek dan lys dit die nuutste 25 stukke in daardie kategorie.
Ek glo hierdie gaan die lewe makliker maak vir almal en dit behoort ook mense meer werk te laat lees. Kommentare en voorstelle kan aan web@woes.co.za gerig word.
Groete,
Willem Woes
Lees ander Woes-nuus artikel deur Willem Woes
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die nuusstuk
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie nuusstuk
Lees soortgelyke Woes-nuus artikel

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae

Woes-Nuus
Gedigte

deur Johann P. Boshoff
Hierdie bundeling van die digter se "oorgeblewe" Afrikaanse nie-opdragwerke sedert die 1970's is bedoel om biografies gelees te word. Wat 'n reis!