Titel: Viva Michelle
Weergawe:
Aantal woorde: 421
Kere gelees: 2921
Datum gepubliseer: 16 Jul 2007
Michelle van Zyl, oftewel miesjel, was dié jaar se wenner by die Volksblad skryfwedtryd. Lees gerus hierdie artikel wat oor die wedstryf geskryf is.
Ek wil net baie dankie sê aan die Woes skrywers wat so uitblink. Ek dink julle dien as ‘n inspirasie vir ander skrywers op die blad.
Groete,
Willem Woes
VOLKSBLAD
Woensdag 11 Julie 2007
Deur: Danila Liebenberg
“Poesïe bestaan nie net in boekvorm nie. Dit moet ook by die geleentheid voorgedra kan word. Soos vanaand. Want om digter te wees, verg om ambagsman te wees.” So het Louis Esterhuizen, digter van Stellenbosch, Dinsdagaand op die Gala-aand met poesïe op die op Volksblad-kunstefees gesê. Esterhuizen het die opmerking gemaak na wat hy beskryf het as skitterende voordrag gelewer op die geleentheid deur aspirant-digters wat as finaliste gekies is in die jaarlikse skryfwedstryd wat aangebied word deur die departement Afrikaans en Nederlands, Duits en Frans aan die universiteit van die Vrystaat. Die wedstryd word in samewerking met die Volksblad aangebied. Uit hierdie skryfwedstryd is tien gedigte as finaliste aangewys. Die digters hiervan is na ‘n twee dae lange slypskool genooi wat deur Esterhuizen aangebied is. Dinsdag aand is die drie wenners op die geleentheid aangekondig nadat finaliste hul gedigte voorgelees het. Die tema vanjaar se kompetisie was die Vrystaat en sy landskappe. Michelle van Zyl is as wenner aangewys met, Dis hier, net hier. Professore Hennie van Coller en Bernard Odendaal wat as beoordelaars opdetree het, het uitgewys hoe sterk intertekstueel haar gedig spreek en dat die Afrikaanse letterkunde daarin resoneer. Versrëels soos: “sodat ek altyd nederig die land sal nodig hê” dra skugter aanmanings van Eugene N. Marais se Winternag. Prof Dave Lubbe se gedig “sleepdam” met konkrete beelde het die tweede het die tweede prys verower en die derde prys is aan Rita van Dalsen vir “gouepoort” toegeken. Twee ander digters wie se werk ook verdien om vermeld te word is die van Stephanie Muller met “anderkant arlington” en Daleen Krige met “om ‘n boek te verf”.
Op hierdie geleentheid het Herman van den Berg ook sy toonsetting van ‘n gedig oor Bloemfontein, wat deur Odendaal geskryf is, gesing. Van Coller het enkele gedigte voorgelees van Luuk Gruwez wat hy in Afrikaans vetaal het. Eers is die Vlaamse gedig in Gruwez se draende stem voorgespeel. Daarna het Van Coller sy vertaling daarvan voorgelees. Ook het Esterhuizen geur tot die aand verleen deur van sy gedigteaan die gehoor voor te lees.
Lees ander Woes-nuus artikel deur Willem Woes
Raporteer foute/ongewenste inligting rondom die nuusstuk
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie nuusstuk
Lees soortgelyke Woes-nuus artikel

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
Meeste gelees in die laaste 24uur

Woes-Nuus
Resensies
Gedigte
Artikels
Rubrieke

deur DMJR
'n Lekkerleesboek met kort stories vol liefde, spesiaal vir vrouens en kinders.