Woes-Nuus

Titel: Vloekwoorde

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Daar word meer gereeld gewaagde stukke geplaas en ek verstaan dat dit nie in almal se smaak val nie maar ook dat dit een van die reëls van die webwerf is dat sulke werk nie geplaas word nie. Gelukkig word Woes.co.za nie regtig deur kinders besoek nie wat die saak bietjie makliker maak.

Soms dra growwe woorde en taalgebruik by tot die stuk wat geskryf word en ek verstaan die frustrasie van sulke skrywers wat nie hulle werk kan plaas nie a.g.v. die reel. Om hierdie saak aan te spreek sal die volgende stappe geneem word in die volgende paar weke.

Indien ‘n stukke gewaagd is of woorde in het wat gewoonlik nie toelaatbaar sal wees nie kan die skrywer dit merk as so en gebruikers sal eers gewaarsku word as hulle op so ‘n stuk klik en dan moet hulle hul geboorte datum bevestig sodat hulle wel bo 18 is. Later sal daar nog ander vlakke ook ingebring word, soos 13+, 18S, 18ST ens.

Ek kan ongelukkig nie hekwagter speel vir elke persoon wat die webwerf besoek nie, met hierdie stappe in plek kan jy maar self besluit of jy dit wil lees of nie. Indien jy kommentaar het oor hierdie stap kan ek by web@woes.co.za gekontak word.




Bertha se Stories

deur natasha dutton

"...my issues is maar soos joune, my vrese gegrond op ervarings, dinge waarvoor jy ook bang is. Die enigste verskil is, ek is 'n stort mens, geen badprop wat my geparfumeerde water in toom kan hou nie. Die lewe is nie 'n bad vol foam bath nie, nee jong, so maklik is dit nie. Die poepwalms laat jou verstik, nie eers te praat van die vloeistowwe nie! Maar dis die lewe." Wel, nou weet jy wat om van hierdie boek te verwag...



Mentorskap program

Mentorskapprogram

Leer meer oor skryf en word deur 'n mentor op jou pad gehelp.

picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar