Woes-Nuus

Titel: Webwerf verbeteringe

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Oor die naweek is daar aansienlik dinge verander aan die webwerf. Die een ding wat vir my die meeste uitstaan is die spoed. Dit het soms 2 minute geneem om iemand se profielblad oop te maak. Maar nou is dit af na 'n paar sekondes.

Hier is 'n lys van dinge wat sover verander het:

Statistieke op profielblad - Die statistieke op jou profielblad word nou elke 60 minute opdateer. Om dit lewendig te hou sit ongelooflike stres op die bediener.

E-pos - Jy kan nou jou e-pos sorteer volgens die persoon wie dit gestuur het, onderwerp en dan datum ontvang. Dit gaan die lewe net makliker maak om 'n boodskap van iemand te soek.

Reeds kommentaar gelewer - Baie mense het geklae dat hulle per ongeluk meer as eenkeer op 'n stuk kommentaar gelewer het. Indien jy 'n stuk lees en wil kliek op die skakel om kommentaar te lewer en jy het reeds kommentaar gelewer sal daar in rooi onder die kommentaar lewer skakel staan dat jy klaar kommentaar gelewer het.

Sekuriteit met registrasie - Om te keer vir moontlik kuber aanvalle is daar nou 'n sekuriteitskode wat ingevoer moet word om te kan registreer. Dit keer dat registrasie outomatiseer kan word deur 'n aanvaller.

Teken aan op voorblad - Jy kan nou direk vanaf die voorblad inteken. Dit spaar jou tyd om nie eers op die teken aan skakel te kliek en dan in te teken nie.

Woes vriende - Jy kan nou 'n lys van al jou Woes vriende sien. Onder persoonlike opsies is daar nou 'n skakel "Woes vriende" en dit vertoon 'n lys van al jou Woes vriende.

Daar is nog hordes ander verandering wat deur die week aangebring gaan word. So hou die webwerf dop.




Die avonture van Massimo, die perdjie

deur Gawelina

Massimo, die perdjie beleef groot avonture asook hartseer in sy grootwordproses.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar