Woes-Nuus

Titel: Webwerf verbeteringe

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Daar word tans redelik aan die webwerf gewerk om reg te wees vir groot dinge in Januarie 2008. Die volgende twee, in my mening, irriterende foute is reggemaak.

Epos lees skakel

Wanneer iemand vir 'n skrywer epos ontvang hulle 'n epos wat hulle in kennis stel daarvan. In hierdie epos is daar 'n skakel wat direk gaan na die epos. Die probleem was, al was jy ingeteken moes jy weer inteken om so die epos te lees. Dit is nou iets van die verlede. Jy kan met gemak, en vertroue, op die skakel kliek en direk die epos lees.

Al is jy ook nie ingeteken is nie sal jy wel die epos kan lees, maar as jy dan op die "skryf terug" skakel kliek sal jy dan eers gevra word om aan te teken.

Dit is vir verbeterde sekuriteit dat jy dan eers gevra word om in te teken, anders as iemand so 'n epos in die hande kry sal hulle deur 'n eenvoudige kliek toegang kry tot jou Woes dinge. So dinge is nou makliker maar steeds baie veilig.

Webwerf vra nie om in te teken nie

As jy van jou rekenaar wegbeweeg het en iets gaan eet het en later weer teruggekom het en dan op 'n skakel kliek na iets waarvoor jy ingeteken moet wees het dit jou eenvoudig net na die voorblad geneem sonder om te vra dat jy weer moet inteken. Nou sal die webwerf jou na die inteken blad neem om in te teken.

Ongelukkig is dit vir sekuriteitsredes dat jou sessie na 'n ruk verlore gaan as jy nie aktief is op die webwerf nie so ek kan dit nie stel dat jy altyd aangeteken bly nie.

Kere gelees

Iets wat al 'n paar weke terug bygevoeg was is die limiet op kere gelees van 'n werkstuk. Wat dit beteken is dat 'n persoon 'n werkstuk menigte kere per dag kan besoek maar dat daardie persoon net eenkeer vir daardie dag getel sal word. Eers die volgende dag sal die persoon weer getel word indien hulle die werkstuk weer besoek. So is jy meer verseker van akkurate getalle as jy kyk hoeveel jou werk gelees word.

In Desember gaan daar baie nuwe dinge ontwikkel word wat die lewe makliker op Woes gaan maak maar ook gaan verseker dat Woes 'n beter kwaliteit webwerf is.

Groete,

Willem Woes




picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar