Woes-Nuus

Titel: Woes-Braai Saterdag 7 Nov 2009

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Hiermee word alle skrywers en hul metgeselle uitgenooi na 'n Bring en Braai Saterdag die 7de November te Hengelaarsvriend vakansieoord langs Roodeplaatdam net buite Pretoria.

Hengelaarsvriend is op die KwaMhalanga pad wat vanaf Zambesi laan uitdraai.

Die toegang is R25 per persoon asook R25 vir die voertuig. Dit is vir alle persone wat net vir die aand kom. Almal moet asseblief self vleis om te braai, bykosse, ens en drinkgoed saambring asook kampstoele.

Die kuier sal vanaf 17:00 in die Lapa plaasvind.

Indien daar enige persone is wat vir die naweek na die vakansieoord toe wil kom, skakel asb vir Carla vir besprekings in die verband by 012 8080 349. Daar is kampeerplekke en log cabins beskikbaar.

Kontak asseblief vir Amanda Kaltwasser of Robelle deur hul op Woes te epos om te laat weet as jy die funksie gaan bywoon.

Dit beloof 'n GROOR kuier te wees. Indien jy graag van jou werk wil voorlees onthou om dit asseblief saam te bring.




BLIKeMMER

deur natasha dutton

"...BLIKeMMER is 'n keur van die beste gedigte van dertien opwindende digters wat skryf oor alledaagse dinge: drome en sprokies, verspeelde tyd en vrese, liefde en diepgewortelde smart, donkerdae en kindergeloof, gebede en godloosheid, omgeeflenters en somergeniet, introspeksie en nostalgie, migraine en stilte, genade en worsteling, selfs Lifebuoy en 'n huis in Vergeetstraat. 'n Bundel wat geniet en waardeer sal word deur die letterkundige, die filosoof asook die doodgewone mens op straat. Geniet dit!" (Lynette Beer: Inspirasie Spreker)



Mentorskap program

Mentorskapprogram

Leer meer oor skryf en word deur 'n mentor op jou pad gehelp.

picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar