Woes-Nuus

Titel: Woes dig kompetisie

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Woes.co.za, tans een van die vinnigste groeiende Afrikaanse webwerwe loods op 15 September ‘n dig kompetisie om die room van Woesdigters te onderskei om sodoende die 50 wengedigte in ‘n bloemlesing te publiseer.

Die webwerf spog tans met meer as 2 500 skrywers wat reeds meer as 23 000 gedigte publiseer het. ‘n Kontantprys van R3000 word aangebied vir die eerste plek met R1500 vir die tweede en R500 vir die derde plek. Verskeie ander pryse kan ook verower word.

Prof. Ian Raper en Kabous Verwoed tree as beoordelaars op. Na afloop van die kompetisie word die wenners uitgenooi na ‘n slypskool, aangebied deur Prof. Ian Raper, om hulle werk kundig te skaaf voor die finale beoordeling en voordat dit in ‘n bundel opgeneem word.

Die doel van die kompetisie is om erkenning te gee aan die bloeiende talent op die webwerf en om die skrywers te help ontwikkel. Dit is hoekom Woes.co.za tereg “‘n kreatiewe platform vir Afrikaans” genoem kan word.

Die kompetisie open 15 September en sluit op 31 Oktober 2008. Inskrywingsgeld beloop R30 per gedig en skrywers kan soveel gedigte inskryf soos hulle wil, alhoewel net een gedig van ‘n wenskrywer in ag geneem sal word vir publikasie in die bundel. Die bundel sal vroeg in 2009 landswyd beskikbaar wees asook in die boekwinkel op Woes.co.za.

Vir meer inligting en om inskrywingsvorms te bekom kan die webwerf besoek word of skrywers kan ‘n epos stuur aan digters@woes.co.za

Laai inskrywingsvorm af (PDF formaat)

Laai reels af (PDF Formaat)




Die avonture van Massimo, die perdjie

deur Gawelina

Massimo, die perdjie beleef groot avonture asook hartseer in sy grootwordproses.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar