Woes-Nuus

Titel: Woes Digkompetise 2008. Laaste woorde en foto's

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Hoe vind mens woorde om soveel verskillende emosies oor Saterdag die 22ste oor te dra. Dat die eerste Woes Digkompetisie 'n absolute sukses was kan niemand betwis nie. Ek het geen negatiewe kommentaar ontvang nie. Prof Ian se slypskool was iets unieks en die kennis en ervaring wat oorgedra was moes eintlik oor twee dae kon geskied om reg daaraan te kon verskaf. Ons sal dalk aan so iets moet dink vir volgende jaar. Die feit dat die jongste en kleinste Afrikaanse Taalmuseum daar herdoop is tot die Mimi Coertze Taalmuseum vir Afrikaans, met die grande dame teenwoordig, was 'n groot bonus. Ons keurders het laat weet dat die beoordeling baie moeilik was vanweë die gehalte van die verskuns wat verteenwoordig was. Ek is so bly dat ek nie 'n finale keurder was nie. Wanneer ons kom by bedankings wil ek heel eerste die Woes-gemeenskap bedank vir julle entoesiasme en deelneming. Daarsonder het die hele idee platgeval. Elkeen wat ingeskryf het en deelgeneem het is sterre. My persoonlike wens en begeerte is dat wanneer ons volgende jaar by die tweede kompetisie kom dat julle almal, en nog baie meer, sal deelneem en dat julle werk in die jaar wat voorlê ongelooflik sal groei. Ek weet diep binne my dat dit sal.

Willem, wat hierdie platvorm vir ons almal geskep het en sonder wie se aanmoediging en onderskraging ek dit nooit sou kon doen nie, verdien spesiale applous.

Ons is so dankbaar vir die baie ure van harde werk en bloedsweet wat Prof Ian in hierdie projek ingesit het. Sy ondersteuning was ook vir my goud werd. Rosa Smit wat ons ander keurder was en die hele aand se program gelei het was ongelooflik. Rosa, woorde kan nie genoeg dankie sê nie.

Dan die wenners. Dit is met groot vreugde dat ek die pryswenners in volgorde van meriete hier wil noem. Baie geluk met julle pragwerk. Ek weet dat julle baie werk en tyd in julle finale verse ingesit het en julle verdien die resultate.

  1. Plasticboer: Vir brood of bier
  2. Karlien van der Merwe: Lien in Wonderland
  3. Mandi Engelbrecht: Lokval
  4. Gerda Botha: 'n Laaste rondte herhaal
  5. Anton Smith: Oudit
  6. Marianne Viljoen: Polifonies bekyk
  7. Mattheus Fourie: Cabernet
  8. Ann Hiemstra: Vir Naguile
  9. Stephanie Riekert: Maskerades
  10. Natasha Dutton: Wolke in my koffie
  11. Rudi Coetzer: Sy is kosmos
  12. Loukie Adlem: Vrydagoggend
  13. Weskusvrou: Wat weet jy?
  14. Ronel Els: J S van Rensburg Marais
  15. Maanvrou: Nêrens.

Die volgende hoogtepunt om na uit te sien gaan die Woes Kortprosa kompetisie wees waarvan julle meer sal hoor later. Ons wil dit graag in die eerste helfte van volgende jaar loods.

Van 'n moeë maar hoogs tevrede
Grevilman.

Ek wil ook van hierdie geleentheid gebruik maak om vir Andre (grevilman) baie dankie te se dat hy hierdie projek so goed en professioneel hanteer het. Dit was glad nie sleg vir 'n eerste keer nie en ek glo van hier gaan dit net groter en groter word. - Willem Woes

Gala-aand foto's

Jy kan al die foto's sien. Kliek hier




Bertha se Stories

deur natasha dutton

"...my issues is maar soos joune, my vrese gegrond op ervarings, dinge waarvoor jy ook bang is. Die enigste verskil is, ek is 'n stort mens, geen badprop wat my geparfumeerde water in toom kan hou nie. Die lewe is nie 'n bad vol foam bath nie, nee jong, so maklik is dit nie. Die poepwalms laat jou verstik, nie eers te praat van die vloeistowwe nie! Maar dis die lewe." Wel, nou weet jy wat om van hierdie boek te verwag...



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar