Woes-Nuus

Titel: Woes Gala-aand

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die datum vir die Woes gala-aand is nou vasgemaak waarby ons die wenners van die Woes dig kompetisie gaan aanwys en sommer ook net lekker Woes bymekaar gaan kom. Alhoewel dit ‘n gala-aand gaan wees sal ‘n ligte vinger ete verskaf word alhoewel sjampanje om die aand gesellig te maak.

ALMAL IS WELKOM by hierdie geleentheid en nie net finaliste van die dig kompetisie nie. Ek sal dit waardeer as daar soveel moontlik Woesters die aand kan bywoon, ons is ‘n gemeenskap van skeppers wat mekaar ondersteun en hoe beter as in lewende lywe.

Ek is regtig opgewonde om almal weer bymekaar te sien, hierdie geleenthede is so spesiaal en ook die beste manier om hierdie opwindende jaar mee af te skop.

Die details is soos volg:

20 Maart
18:00 vir 19:00
Toegang: R60 per persoon. Betaalbaar by aankoms of deur elektroniese oorplasing.
Drag: deftig informeel

hAp
Venterstraat 116
Capital Park
Pretoria
Suid-Afrika
0084

Parkering is redelik skaars by hAp so probeer soveel moontlik saamry.

Betalings vir die gala-aand kan na die volgende rekening gemaak word:

Kahuna Mobility Solutions
Standardbank
Potchefstroom
Takkode: 052838
Rekening no: 030543088
Verwysing: Skrywersnaam

Epos bewys van betaling na digters@woes.co.za of faks na 011 507 5042.




Weerloos

deur Maangodin

Eroties Afrikaans - sodat ons in ons eie taal geprikkel kan word.



Mentorskap program

Mentorskapprogram

Leer meer oor skryf en word deur 'n mentor op jou pad gehelp.

picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar