Die Woes Gala-aand word te Bush Willow Lodge in die Cradle gehou en Woes lede word hartlik uitgenooi om die geleentheid mee te maak. Ons kan 100 mense vir die geleentheid akkomodeer, waarvan Borge en Finaliste reeds 60 plekke opneem. Daar is dus 40 kaartjies teen R100 elk beskikbaar, so bespreek asb. vroegtydig om teleurstelling te voorkom.
Finaliste moet asb voor/op 10 September by Mandie bevestig of hulle teenwoordig gaan wees.
Woes het 4 tente (slaap 6 persone elk) vir gaste bespreek. Koste: R125 pp. Ontbyt nie ingesluit. Indien julle nie van hierdie verblyf wil gebruik maak nie, moet alternatiewe verblyf asb self gereël word. Besprekings en inbetalings vir tentverblyf moet asb ook by Mandie gedoen word. Bankbesonderhede en haar kontakbesonderhede word hier onder aangedui.
Die program vir die aand sal as volg daar uitsien:
18:30 vir 19:00: gaste arriveer
18:30 – 19:30: Drankies by die dam
19:30 – 19:45: Gaste word vergesel na Boma
20:00: Verwelkoming deur Willem en bedanking aan Borge
20:05: Marietha Nel (LAPA)
20:10: Aankondiging van wenners en prysoorhandiging
20:30: Foto’s en media-onderhoude
20:0 tot laat: Geniet die aand
Verversings word aangebied en daar is ’n kontantkroeg waar KWV wyn gratis aangebied word.
Details as volg:
Datum: Donderdag, 20 September 2012
Plek: Bush Willow Lodge http://www.bushwillowtentedcamp.co.za/
Tyd: 18:30 vir 19:00
Drag: Deftig informeel
Toegang: R100
Besprekings: Bespreek asb. vroegtydig by Mandie: mandie@woes.co.za
Betalings: Betaal asb. in die volgende rekening:
Bankbesonderhede:
Kahuna Mobility Solutions
Standardbank
Potchefstroom
Tipe rekening: Tjek
Takkode: 052838
Rekening no: 030543088
Verwysing: Naam en Van
E-pos asb. bewys van betaling na: mandie@woes.co.za
Bespreek asseblief vroegtydig en geniet die WOESte aand!